Die Citi Dash is hier!

Padwedlope
Tielman Van Lill
Die derde weergawe van die Nedbank Citi Dash vind Sondagoggend vanaf die Zoo Park in Windhoek se middestad plaas.

Die byeenkoms met meer as 2 000 ingeskrewe deelnemers vir die heen-en-weer in Onafhanklikheidslaan is nie net ’n sportgeleentheid nie, maar ’n dag vir vriende en familie om te geniet.

Die Citi Dash se eerste wegspring is om 07:30 met die elite 10-kilometerwedloop vir vroue, mans, onder 18-hardlopers asook rolstoel- en siggestremde-atlete.

Die wenners van die onderskeie elite afdelings sal aanloklike pryse met vergunning van die organiseerders en borge kan opraap.

Die deelnemers aan die 5 km en 10 km-pretdraf en stap spring ’n uur later weg.

Die byeenkoms word vanaf 07:00 regstreeks deur Namibia Media Holdings se NTV-span op https://oneuptwo.com/, of die Facebook-bladsye van Sport Wrap, Namibian Sun, Republikein en NMH se uitgesaai.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!