Foto argief
Foto argief

Dikker beursies in Oktober

Frank Steffen
Daar word in spanning gewag vir die terugbetaling van belasting wat aan baie werknemers hierdie maand uitbetaal sal word.

Baie maatskappye het reeds aan die einde van September hierdie voordeel aan hul werknemers gegee, al was dit eers baie laat in dié maand in die Staatskoerant gepubliseer.

Network Media Hub (NMH) het onlangs saam met Synergi gewerk om ’n platform te ontwerp waar belastingbetalers maklik hul verwagte terugbetaling kan bereken. Toegang tot dié platform kan verkry word deur die woord #REFUND na die Synergi-bot se nommer (+264 85 785 6231) te stuur.

Die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, het verlede maand werkgewers opdrag gegee om aan werknemers die bedrag terug te betaal wat die regmatige PAYE-belastingaftrekking vir die afgelope maande oorskry het ná die verhoging van die belastingdrempel in Namibië.

Groter verbruikersbesteding sal waarskynlik binnekort opgemerk word as gevolg van die belastingverligting. Die eerste kontantvoordele sal die gevolg wees van staatsinstellings wat hul werknemers vergoed vir belasting wat voorheen afgetrek is. Ander maatskappye sal waarskynlik kort op hul hakke wees aangesien vandeesmaand se salarisbetaaldae tussen omstreeks 15 Oktober begin en waarskynlik teen die naweek van 31 Oktober 'n hoogtepunt sal bereik en tot 2 November sal voortduur.

Werknemers word aangeraai om hierdie terugbetaling oordeelkundig te bestee in die lig van die feit dat die feestyd om die draai is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!