‘Dokumente moet aan skool verskaf word’
Regter lewer uitspraak
Dit volg nadat die Privaatskool Savo Nuts 'n dringende aansoek by die hof aanhangig gemaak het waarin hulle onder andere die betrokke inligting versoek het.
Die hoërhof in Windhoek het Dinsdag beveel dat die inligting en dokumente met betrekking tot die ondersoek na leerlinge van die Privaatskool Savo Nuts aan die skool verskaf moet word.
Dit volg nadat die skool ’n dringende aansoek teen die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en die nasionale eksamen-, assesserings- en sertifiseringsraad by die hof aanhangig gemaak het waarin hulle onder andere die betrokke inligting versoek het.
Die verkose inligting en dokumente het betrekking tot die ondersoek na leerlinge van dié privaat skool met betrekking tot vermoedelike wanpraktyke tydens hul graad 11 Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak (NSSCO)-eindeksamens.
‘NOG GEEN FINALE BESLUIT’
Sowat 27 leerlinge van die skool se uitslae is nog nie bekend gemaak nie en die skool beweer dat hulle tans verbied word om dié graad 11-leerlinge vir die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gevorderde Vlak (NSSCAS) by die ministerie te registreer vir die komende akademiese jaar.
Op grond van hierdie ondersoek – wat op 16 en 17 Januarie plaasgevind het – het die raad se komitee vir wanpraktyke aanbeveel dat die skool se eksamensentrum vir graad 10 tot 12 gederegistreer word.
Volgens die verklaring van die adjunk- uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur en die ondervoorsitter van die nasionale eksamen-, assesserings- en sertifiseringsraad, Edda Wibke Bohn, het die ministerie egter hierna ’n brief aan die skool gerig om hulle in kennis te stel dat die skool tot 1 Maart het om skriftelike vertoë by die ministerie in te dien.
Bohn het ook in haar verklaring benadruk dat geen finale besluit nog geneem is nie.
“Die raad het slegs ’n aanbeveling aan die minister gemaak en die minister het ’n uitnodiging aan die applikant gerig om skriftelike vertoë te rig voordat ’n besluit geneem word.”
HOFBEVEL
Regter Kobus Miller het beslis dat die volle geskrewe aanbevelings deur die raad se komitee vir wanpraktyke aan die skool verskaf moet word.
Hy het die respondente net tot die einde van Dinsdag gegee om die dokumente aan die skool bekend te maak.
Hy het geen bevel ten opsigte van regskostes gemaak nie en het die saak van die rol geskrap.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie