No Image Caption

Eerste eg Namibiese appels op die winkelrakke

Aurelia Afrikaner
Landbouskiedenis is gemaak met die eerste Namibies-verboude appels wat nou op die winkelrakke beskikbaar is. Die hoofbestuurder van Roots Namibia, Hanré Smith, het gister die verkoop van die eerste eg Namibiese appels by Food Lover's Market (FLM) Namibia by Hilltop Village in Windhoek aangekondig. Hierdie appels, afkomstig van appelboorde wat in 2019 by die Roots-landbouprojek op Stampriet aangeplant is, is by FLM en Roots Deli beskikbaar. Appelsap word ook van die appels vervaardig. Roots produseer 'n groot verskeidenheid gewasse en lewende hawe en vervaardig verskeie produkte van rissiesouse, speserye tot jenewer . Foto Aurelia Afrikaner

Kommentaar

Republikein 2025-03-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer