Facebook vir 27 Januarie 2025
“Unam ‘aanvaar nie graad 11-leerlinge’:”
Dit maak absoluut sin en dit was nog al die jare die beleid. Wie het dit verander en wat was die beweegrede daar agter? Geeneen van die onderwysministerie kom nou na vore om duidelikheid rondom hierdie uiters belangrike kwessie te verskaf nie. Is daar dan nie bevoegde persone in die ministerie wat hierdie aangeleentheid kan beredder nie? Dit is aan die einde van die dag ons kinders en kleinkinders se toekoms wat opgebogger word. - James Bonding
Op grond waarvan verlaag die regering ons kinders se kanse om matriek te skryf? Nou moet ouers duisende Namibiese dollar spandeer voor hul kinders ‘n geldige matrieksertifikaat kan hê! Belaglikheid! - Michelle Grunderling
Hoekom is matriek afgeskaf? Dis waar die probleem begin. - Jane Tareni
“Plaaslike kontrakteurs voltooi glo nie projekte:”
Fondse is gemors op nuwe motors en vakansies of NamWater het nie die kontrakteurs reg betaal nie. Julle weet presies wie of wat die rede is, so sorteer dit uit. Seker bang vir sekere groot name wat op die lappe gaan kom. - David Muller
Miljoen dollar se karre eers gekoop. Die ou wat die tender approved het ook sy miljoen gegee. So wat verwag julle? - Hennie Mouton

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie