FlyNamibia begin Walvisbaai - Kaapstad-roete
#JustInNamSun #PasInRep #aznamnews
Die plaaslike lugredery FlyNamibia het aangekondig dat hulle vanaf 29 Oktober 'n diens sal begin wat Kaapstad vanaf Windhoek via Walvisbaai verbind.
FlyNamibia sal vlugte op hierdie nuwe roete elke Maandag, Woensdag, Vrydag en Sondag bedryf. Die nuwe roete se vlugte sal van Hosea Kutako Internasionale Lughawe (HKIA) na Kaapstad (CPT) en verder na Walvisbaai loop. Van hier af sal die vlug dan weer na HKIA skakel, terug na Walvisbaai, verder na Kaapstad, en dan weer na HKIA terugkeer.
FlyNamibia het gesê die bekendstelling van die roete sal die reiservaring vir die vlieënde publiek verbeter, het sy MD, Andrè Compion, gesê.
"Ons is opgewonde om hierdie nuwe roete bekend te stel, wat FlyNamibia se toewyding om ons netwerk uit te brei en die reisopsies vir ons passasiers te verbeter, beklemtoon."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie