Geen motors, geen CO2-vrystellings

Hoofstad vier netto nul-vrystellingsweek
Die Windhoek-munisipaliteit het die geleentheid gevier met 'n uitstalling van elektriese voertuie en ander vervoer wat 'n minder negatiewe impak op die omgewing het.
Augetto Graig
Augetto Graig



“Met die toename van klimaatsverandering en kommer oor lugbesoedeling, bied elektriese voertuie wêreldwyd ’n volhoubare alternatief vir tradisionele brandstof­aangedrewe motors.”



So het dr. Cedric Limbo, die direkteur vir vervoerbeleid en regulasies in die ­ministerie van werke en vervoer, Maandag tydens die amptelike opening van die Windhoek-munisipaliteit se netto nul-vrystellingsweek gesê.



Die munisipaliteit het die geleentheid gevier met ’n uitstalling van elektriese voertuie en ander vervoer wat ’n minder negatiewe impak op die omgewing het.



Limbo het erken dat die ondersteunende infrastruktuur vir elektriese voertuie steeds ontbreek, en noem die ­verskaffing van herlaaistasies en ander nodige ­infrastruktuur “ongekende waters wat nog gekarteer en volledig ondersoek moet word”.



Nietemin bevorder die regering ’n beleid rakende vervoer wat vra vir die beskerming van die omgewing en reaksie op die uitdagings van klimaatsverandering, die handhawing van internasionale omgewingskonvensies en die vermindering van uitlaatgasse om dorpe te skep waar mense kan woon.



“Die vervoersektor dra aansienlik by tot die ­vrystelling van koolstofdioksied, as gevolg van lang afstande wat afgelê word om goedere en dienste binne die land te lewer.



“Om die agteruitgang van luggehalte te versag, word vinnig ’n beduidende uit­daging. Dit is omdat eienaar­skap van voertuie, veral in ­stedelike gebiede, vinnig toeneem.



Ook aan die woord was die burgemeester van Windhoek, Queen Kamati.



“Dié week merk nie net ons verbintenis tot die bekamping van klimaatsverandering nie, maar vier ook die kragtige impak wat klein, individuele optredes kan hê om ons omgewing te bewaar,” sê sy.



Kamati het die kwesbaarheid van die hoofstad vir klimaatsverandering ­beklemtoon.



“Windhoek maak baie staat op reënval en damme vir water, wat dit veral vatbaar maak vir die impak van droër toestande en onvoorspelbare reënvalpatrone,” sê sy.



Volgens haar sal die week Saterdag ’n hoogtepunt bereik, wanneer die hoofstad ’n dag sonder motors sal vier.



Dit sal motorvrye gebiede behels, waar Windhoekers eerder sal moet stap, fietsry of openbare vervoer moet gebruik en minder van motors afhanklik moet wees.



Gedurende die week sal universiteit­student met idees vorendag kom om die uitleg van die stad meer toeganklik vir voetgangers te maak en mense word aangemoedig om vandag met ’n fiets werk toe te ry. – [email protected]



Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!