Hatuikulipi kwytgeskeld in omkoperysaak

Medebeskuldigde skuldig bevind
Dié saak hou verband met die beweerde poging om 'n beampte van die ACC om te koop om bewyse terug te kry waarop tydens die Fishrot-ondersoek beslag gelê is.
Kristien Kruger
Die Fishrot-beskuldigde James Hatuikulipi, is onskuldig bevind in ’n ander saak.

Hatuikulipi is in die landdroshof in Windhoek vrygespreek op klagte van omkopery en poging tot dwarsboming van die gereg.

Dit is aangevoer dat Hatuikulipi en sy medebeskuldigde, Sakaria Kokule, in Januarie 2020 gepoog het om ’n beampte van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) met N$250 000 om te koop om glo hulle hande op bewyse te kry waarop die ACC beslag gelê het. Kokule is ’n voormalige polisiereservis en hoewel Hatuikulipi onskuldig bevind is, was hy nie so gelukkig gewees nie. Landdros Kandiwapa Nembia het hom skuldig op albei klagte bevind.

Hatuikulipi en Kokule was aanvanklik saam met ’n derde beskuldigde, Jason Iyambo, aangekla maar hy het aan die begin van die verhoor skuldig gepleit op die klag van poging tot dwarsboming van die gereg. Hy is destyds tot nege maande tronkstraf gevonnis.

BEWYSE

Die bewyse wat Hatuikulipi en Kokule glo gepoog het om by die ACC te kry, hou verband met die ACC se ondersoek na die verkryging van viskwotas en dit wat vandag bekendstaan as die Fishrot-korrupsieskandaal. Die betrokke bewyse was glo twee bankkaarte in Hatuikulipi se naam, twee bankkaarte van Fishrot-medebeskuldigde Pius Mwatelulo en ’n geskrewe dokument onder die titel, “Total Allocation”. Die ACC-beampte wat genader was in hu poging tot omkopery, was Junias Iipinge.

VERHOOR

Die staat het slegs twee getuies geroep in die verloop van die verhoor en nie Hatuikulipi of Kokule het die getuiebank ingeneem om in hul eie verdediging te getuig nie.

Iipinge was een van die getuies en het aangevoer dat Kokule hom gebel het. Hy het glo verduidelik dat Iyambo vir Hatuikulipi in die tronk besoek het en Hatuikulipi het hom glo gevra om te kyk of daar enige manier is om die bankkaarte terug te kry. Daarna het Iyambo glo vir Kokule gebel, wat daarna glo vir Iipinge gebel het.

Iyambo was nie een van die staatsgetuies nie en Hatuikulipi se regsverteenwoordiger het aangevoer sonder Iyambo se getuienis, daar nie genoegsame bewyse teen Hatuikulipi is om hom skuldig te bevind nie. Hy het aangevoer die staat se saak teen Hatuikulipi bestaan slegs uit hoorsê-bewyse.

Kokule sal op 29 Oktober weer in die landdroshof in Windhoek verskyn vir verrigtinge voor vonnisoplegging.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!