Indiese vloot besoek Walvisbaai
Die Indiese vloot se nuutste missielfregat, INS Tushil, was op ’n historiese besoek aan Walvisbaai se hawe.
Die besoek het geduur vanaf 21 tot 23 Januarie en dit is die vyfde Indiese-vlootskip wat Namibië besoek het in onlangse jare.
Die INS Tarkash het ook dié hawe in 2017, 2019 en 2022 besoek en die INS Sumedha was verlede jaar op Walvisbaai.
“Met aankoms het die INS Tushil ’n hartlike verwelkoming van Namport en verteenwoordigers van die Hoë Kommissie van Indië ontvang,” lui ’n verklaring wat die Hoë Kommissie van Indië uitgereik het.
Die vloot se kaptein en bevelvoerder Peter Varghese het ook die Namibiese bevelvoerder van vlootoperasies, Erastus Lazarus, vriendelik uitgenooi om bilaterale vlootsamewerking te bespreek, professionele bande uit te brei en maritieme veiligheid in die streek te versterk.
Die Namibiese vlootspan is ook aan boord die fregat verwelkom om INS Tushil se gevorderde tegnologie te aanskou.
“Daarbenewens het ’n vergadering met Saara Ndapewoshali Mutondoka, onderburgemeester van Walvisbaai, wedersydse begrip en ’n sterk vennootskap bevorder.”
JOGA EN SPORT
Die tweede dag van die besoek het ’n joga-sessie, besoeke oor die dek, professionele interaksiesessies en vriendskaplike sportwedstryde ingesluit. Dit was ten doel om eenheid, welstand en samewerking tussen die twee nasies te bevorder.
Hierdie besoek beklemtoon die belangrikheid wat Indië aan sy betrekkinge met Namibië heg. Volgens die verklaring, hoop Indië om bilaterale betrekkinge, veral in die maritieme domein, in Namibië te bevorder.
“Soos die INS Tushil Walvisbaai op 23 Januarie 2025 vertrek, sal dit voortgaan om maritieme diplomasie en samewerking in die streek te bevorder,” lui die verklaring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie