Interdik nie toegestaan in mediese tendersaak
Hofbevel gister uitgereik
Die hoërhof het Woensdag ’n saak wat Africure Pharmaceutical Namibia voor die hof gebring het, van die rol geskrap weens ’n gebrek aan dringendheid.
Africure het gepoog om ’n tussentydse interdik te verkry om die minister van gesondheid en maatskaplike dienste te verbied om ’n tender met betrekking tot die verskaffing en aflewering van antiretrovirale (ARV)-produkte aan die ministerie, in werking te stel.
Die maatskappy het vroeër vandeesmaand ’n dringende aansoek teen onder andere die voorsitter van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië en die gesondheidsminister aanhangig gemaak.
Die interdik was bedoel om in werking te tree hangende die uitkoms van ’n hersieningsaansoek waarin Africure die raad en ministerie se besluite met betrekking tot die betrokke tendertoekenning uitdaag.
Africure voer aan die raad het nie voldoen aan die voorskrifte van voorkeure vir plaaslike vervaardigers nie en dat die tendertoekenning op grond daarvan hersien en tersydse gestel moet word.
Hoewel Africure aangevoer het dat dit ’n Namibiese geregistreerde maatskappy is wat prysvoorkeure vir plaaslike vervaardigers moet geniet, het die raad in hofstukke aangevoer dat Africure in sy tenderdokumente ’n buitelandse maatskappy as die vervaardiger van die produkte geïdentifiseer het.
Regter Kobus Miller het Woensdag die hofbevel uitgereik wat die dringende aansoek van die hand wys en het Africure beveel om ook die ander partye se regskostes te betaal. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie