Luhann Groenewald van Suid-Afrika. Foto Brian Munango
Luhann Groenewald van Suid-Afrika. Foto Brian Munango

Internasionale gehalte skyn deur

Muurbal
Andrew Poolman
Die gasheerland se nommer een manspeler Max Endjala sê hy geniet die hoër internasionale profiel van die BDO Namibiese Ope muurbaltoernooi by Wanderers terdeë, ondanksy sy uitskakeling in die eerste rondte deur ’n sterk Nigeriese speler.

“Om die waarheid te sê, die wedstryd het beter verloop as wat ek verwag het. Ek het gereken hy sou met my die vloer vee, maar ek het goed begin en was 9-6 voor. Ek het begin reken ek het ’n wenkans, maar om een of ander rede was ek nie geestelik sterk genoeg nie.

“Maar geen verskonings nie, hy was beter op die dag en muurbal is wat hy vir ’n lewe doen. In die geheel is ek tevrede met my vertoning en indien ons weer sou ontmoet, sal dit ’n nuwe wedstryd wees,” het Endjala gesê nadat Kehinde Temitope hom met 11-9, 11-5, 11-9 geklop het.

“Ons waardeer die moeite van die Namibiese Muurbalvereniging. Hierdie is die eerste deelname van my loopbaan in ’n toernooi van die Professional Squash Association (PSA Challenger-reeks) en boonop in Windhoek. Om die vaardighede van soveel internasionale spelers te beleef, is wonderlik.”

Ander uitslae:

Gabriel Olufunmilayo (Nigerië) klop John Anderson (RSA) 11-4, 11-4, 11-2.

Adegoke Onaopemipo (Nigerië) klop Luhann Groenewald (RSA) in vier stelle, 11-9, 11-9, 8-11, 11-4.

Amina El Rihany (Egipte) klop Hayley Ward (RSA) 11-3, 11-6, 11-8.

• Bly op die hoogte van die uitslae, of volg ons regstreekse uitsending op die Facebook-blad van Sport Wrap, vandag asook môre (eindstryde).

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!