Altesaam 32 jong Afrika-navorsers verskerp hul data-ontledingsvaardighede by Afrobarometer se somer- en slypskool. Foto verskaf
Altesaam 32 jong Afrika-navorsers verskerp hul data-ontledingsvaardighede by Afrobarometer se somer- en slypskool. Foto verskaf

Jong navorsers verskerp vaardighede

Kristien Kruger
Altesaam 32 jong navorsers van 14 Afrikalande verskerp hul navorsings- en ontledingsvaardighede by vanjaar se Afrobarometer se somer- en slypskool.

Dit vind tans by die Universiteit van Kaapstad in Suid-Afrika plaas en duur tot 31 Januarie.

Dié somerskool is ’n inleidende kursus wat jong mense van Afrika toerus met noodsaaklike vaardighede in navorsingsontwerp, opnamemetodologie en data-analise wat fokus op openbare houdings teenoor demokrasie, regering en ander kritieke onderwerpe.

“Deelnemers is die geleentheid gegun om ’n reeks onderwerpe te verken, insluitend perspektiewe op klimaatsverandering, ondersteuning vir militêre heerskappy of demokrasie, houdings teenoor vlugtelinge, vrye handel en oop grense, toegang tot gesondheidsorg en vroue se deelname,” lui ’n verklaring van Afrobarometer oor vanjaar se somerskool wat op 13 Januarie afgeskop het.

Die twee week lange intermediêre tematiese slypskool – wat van 20 Januarie tot 2 Februarie duur – fokus op die ontwikkeling van meer gevorderde data-insameling en ontledingsvaardighede onder Afrika-navorsers, asook die bevordering van impakvolle navorsing en die versterking van navorsingsnetwerke tussen Afrika-instellings.



‘AFRIKA-STEMME WORD VERSTERK’

Volgens Afrobarometer se bestuurder van kapasiteitsbou, Jason Owen, dien die somer- en slypskool as noodsaaklike platforms vir kapasiteitsbou, samewerking en die bevordering van navorsing wat Afrika se dringende bestuursuitdagings aanpak.

“Deur ’n nuwe geslag kenners te bou en die produksie van analitiese uitsette te fasiliteer wat gebruik maak van Afrobarometer se uitgebreide ooptoegangdatastelle, gaan ons voort om Afrika-stemme te versterk en by te dra tot datagedrewe beleidmaking regoor die vasteland," het hy gesê.

Deelnemers is optimisties oor die slypskool se transformerende impak.

“As ’n humanitêre en ontwikkelingskommunikasiespesialis werk ek saam met gemeenskappe en beleidmakers om politieke betrokkenheid oor kwessies onder vlugtelinge en interne ontheemdes aan te spreek,” het Ruth Nakayima, navorsingsassistent en kommunikasiebeampte by Hatchile Consult en Plan International Uganda, gesê.

"Hierdie slypskool sal my vermoë versterk om geopolitiek te verstaan en om data vir maatskaplike ontwikkeling te gebruik.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 23° | 34° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 18° | 24° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 24° | 36° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 17° | 26° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 18° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 34° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 18° | 23° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 19° | 30° Durban: 20° | 27° Johannesburg: 16° | 30° Dar es Salaam: 25° | 33° Lusaka: 18° | 22° Harare: 16° | 23° #REF! #REF!