JUST IN: Amptelike begrafnis vir Aartsbiskop Tjijombo
#NMHnews #RepNuus
Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie het bevestig dat president Hage Geingob, op aanbeveling van die raadgewende Nasionale Ere-komitee oor amptelike begrafnisse, ’n amptelike begrafnis aan wyle aartsbiskop Petrus Daniel Tjijombo, wat op 16 Julie gesterf het, toegeken het. Die datums vir die gedenkdiens en begrafnis sal mettertyd aangekondig word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie