Kahn se 59 help vroue-Eagles wen
Krieket
Namibië speel vandag teen Uganda, wat ook met 'n oorwinning afgeskop het.
Namibië se Capricorn Vroue-Eagles het Sondag in Entebbe, Uganda hul aanslag op kwalifisering vir die T20 Wêreldbeker op ’n goeie noot afgeskop toe hulle Nigerië met nege lopies oorskadu het.
Namibië het eerste gekolf en 122 vir twee in 20 boulbeurte geslaan.
Die aanvangskolwers Yasmeen Khan (59 van 49 balle, 6x4, 1x6) en Suné Wittmann (24 van 27 b, 3x4, 1x6) en later Mezerly Gorases (26 nie uit nie van 26 b, 1x4) het bygedra om ’n kompeterende totaal op die telbord te plaas. Nigerië kon slegs met 113/7 in 20 bb antwoord.
Khan het die toernooi se eerste vyftigtal behaal en is as speler van die wedstryd aangewys. Sylvia Shihepo het twee paaltjies vir 26 in drie boulbeurte laat kantel en Irené van Zyl, Kayleen Green en Naomi Benjamin elk een paaltjie.
Piety Lucky (43 van 49 b, 4x4, 1x6) het goed vir Nigerië gekolf, maar is deur paaltjiewagter Gorases met briljante veldwerk uitgehardloop. Nigerië se kaptein, Blessing Etim, met 20 (12 b, 2x4, 1x6) en Peculiar Agboya (24 van 27 b, 3x4) het ook bygedra dat Nigerië tot in die laaste boulbeurt nog ’n wenkans gehad het.
Namibië behaal tien viere en twee sesse en Nigerië nege viere en twee sesse.
Irené van Zyl, Namibië se kaptein, het agterna gesê: “Nigerië het ons lekker gedruk. Ek is ingenome met Suné en Yasmeen se kolfwerk. Dis jammer dat Suné beseer geraak het. Die akkuraatheid van ons boulwerk kan verbeter en so ook ons veldwerk wat ons trots is. Nou fokus ons op die volgende uitdaging.”
Khan het gesê die kolfblad was effens vinniger as wat hulle verwag het. Sy reken opponente durf Nigerië nie onderskat nie en verwag hulle kan nog ’n opskudding veroorsaak en verdien krediet vir hul teenstand teen Namibië.
Namibië speel vandag (12:50) teen Uganda en Donderdag (08:30) lê Rwanda vir hulle voor.
ELDERS
Sondag in die tweede T20 was Uganda (89/4 in 16) se sege met ses paaltjies teen Rwanda (87/5 in 20) nie onverwags nie.
Janet Mbabazi (32, 37 b) en Rita Musamali (31*, 29 b) het Uganda se aanslag gelei. Mbabazi (3/14 in 4) was bykans onspeelbaar.
• In Saterdag se openingswedstryd het Zimbabwe (111/9) vir Kenia (49 almal uit in 15.4) met 62 lopies geklop.
Zimbabwe se speler van die wedstryd was Josephine Nkomo (26 van 28 b, 1/8 en twee vangskote.
• Tanzanië (76/0 in 10.2) klop Botswana (75 almal uit in 19.2) met tien paaltjies. Die wenspan se speler van die wedstryd is Saum Mtae (38* van 40 b).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie