Kersfees is appels en ’n hoenderdis
China is ’n diverse land in terme van geloof en kultuur. Hierdie verskillende uitdrukkings van spiritualiteit lewer soveel interessante ervarings. Byvoorbeeld, daar is ’n bekende dis eie aan die Moslems in die Weste van China bekend as rissies. Die gestoofde hoender en aartappels word voorgesit in groot wit-en-blou porseleinbakke; een per tafel en klein bakkies rys vir elke individu.
Net soos dapanji deur alle Chinese geniet word ongeag geloofsoortuigings, word Kersfees ook deur almal gevier. Oukersaand word in die Mandarynse taal as “aand van vrede” uitgedruk. ’n Homofoon vir vrede in Mandaryns is appel. Dus het Chinese die gewoonte om vir mekaar appels vir Kersfees te gee. Mooi rooi, ronde vrugte van vrede. Vrede is ’n kern-konsep in Kersfeesvieringe. En, omdat Kersfees oorspronklik ’n fees uit die Christendom is, slaan ons baie hoë ag op vrede in ons interpersoonlike verhoudings gedurende hierdie tyd, niks mag verkeerd gaan op hierdie heilige dag nie.
Wanneer daar familietwis is, op ’n Donderdagaand in Mei-maand, onthou mens nie werklik die details van die insident nie, maar laat dieselfde gebeure plaasvind gedurende Kersfees, dan word dit vir 20 jaar onthou. Ek dink ons plaas ’n onrealistiese verwagting op die idee van vrede in die Kerstyd.
Vrede word soms verwar met eenvormigheid, want verskille bring konflik. Hierdie kring soms verder uit as interpersoonlike verhoudings. Omdat ons vrede kultureel en spiritueel vereenselwig met Jesus se geboorte, voel ons soms dat ons religieuse vrede en vreugde meer waarde dra as die sekulêre viering van Kersfees.
Sommige mense noem dit ’n Christusfees en ander neig na Kersvader en geskenke. Is daar meer blydskap in die samesyn na ’n Kerssangdiens as geliefdes en vriende wat vir mekaar appels gee? Ek dink ons moet juis inter-kulturele uitdrukkings van Kersfees vier. Die feit dat mense in Saoedi-Arabië deesdae Kersversierings opsit en Secret Santa speel (waar kersbome op ’n stadium verban was) is ’n tree nader aan verdraagsaamheid. Dit is ’n sinoniem vir vrede: verdraagsaamheid. Verdraagsaamheid is ’n sterk woord en laat my terug dink aan ’n persoonlike ervaring gedurende Kersfees.
In ons gesin, het ons baie ritualistiese vieringe vir Oukersaand en my ouers neem dit baie enstig op. Ek onthou as student, het ek en my ma een namiddag voor Oukersaand goed vasgesit. En, net om daardie laaste stekie in te kry en my ma te tart, het ek my beste gotiese gewaad in my kas aangetrek en my donkerste en swaarste grimering aangesit. In die sitkamer, tussen kerse en wierook (een van ons rituele) het ek gesit, gebroei en brom: ek het gewag vir die bom om te ontplof.
My ma het so koel soos ’n komkommer aan haar wyn geteug, my pa het vir my wyn aangedra en my sussie, Ouma en oom Lutz het gesit en giggel. Ek het later ontdooi en saam begin lag en gesels.
My gesin het daardie aand my toegelaat om in hul heilige spasie my woede en frustrasie uit te druk. Geklee soos ’n karakter uit ’n riller-film het ek saam glasies geklink en skaapboud geëet.
Die aand kon baie anders uitgedraai het. Dit was die verdraagsaamheid en begrip wat die vrede geskep het - nie die eenvormigheid nie.
Ek dink die ware vrede in Kersfees lê in die verdraagsaamheid van die mensdom en nie ’n groep mense nie. Vrede op aarde!
Soos ’n dapanji, is die vreugde en vrede van Kersfees in die middel van die tafel vir almal om van te skep. En elkeen het hul eie bakkie rys waarmee hulle dit hul eie maak, ongeag van geloof of kultuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie