Kinderdemensie op die wêreld-voorgrond
Internasionale dag vir dié siekte vandag gevier
In Namibië vier ADN die Internasionale Dag vir Kinderdemensie Saterdag met 'n grimeerkunstenaar wat die gesigte van diegene wat saam feesvier, sal verf.
Vandag word die Internasionale dag vir Kinderdemensie wêreldwyd onder die tema “Face It” gevier.
Lede van die publiek word uitgenooi om hul gesigte te verf om die bewusmaking van kinderdemensie te verhoog.
Alzheimer Dementia Namibia (ADN) bied ook Saterdag feesvieringe by hul sentrum buite Swakopmund aan.
Kinderdemensie is die gevolg van progressiewe breinskade wat deur meer as 100 seldsame genetiese afwykings veroorsaak kan word.
“Jy is dalk vertroud met sommige van die simptome van demensie by volwassenes. Kinders ly ook aan hierdie simptome, soos verwarring, geheueverlies, spraakverlies en nog vele meer,” deel die Childhood Dementia Initiative op sy webwerf.
Die prognose vir kinders wat met demensie gediagnoseer is, is swak: 50% van hulle sterf voor hulle 10 jaar oud is en 70% sterf voor hulle volwassenheid bereik.
“Almal sal voortydig sterf,” sê die Childhood Dementia Initiative.
Volgens dié organisasie is elke kind met demensie se ervaring van hierdie toestand anders – sommige kinders kan van kleins af simptome van demensie toon en vir sommige kan die simptome vinnig versleg. Ander begin dalk eers in hul tienerjare simptome ervaar en soms kan simptome stadig oor dekades vererger. Soos hul simptome vererger, kan kinders met demensie vaardighede verloor wat hulle reeds gehad het, soos lees, skryf, loop of speel.
Vir elke persoon wat aan demensie ly is die uiteinde egter dieselfde: hul breine kan later nie meer hul liggaamsfunksies behoorlik beheer nie en kan nie meer die liggaam aan die lewe hou nie.
Weens beperkte finansiering word baie min navorsing gedoen oor die behandeling van kinderdemensie of moontlike behandeling wat selfs die verergering van simptome kan vertraag.
NAMIBIË
In Namibië vier ADN die internasionale dag vir kinderdemensie Saterdag vanaf 10:00 met ’n professionele grimeerkunstenaar wat die gesigte van diegene wat saam feesvier, sal verf.
“Ek gaan begin deur vir die kinders te vertel van demensie, hoe dit lyk en hoe hulle hul geliefdes kan help as hulle sien iets is fout en hoe om hul eie brein te beskerm,” sê Sufrani Uys van ADN.
Daar sal ook lekkernye en koek wees om aan te smul en ’n perd wat die kinders kan borsel en voer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie