Kinderverkragter appelleer teen vonnis
Een van sy slagoffers het swanger geraak
Rita Kakelo
’n Voormalige onderwyser van Swakopmund wat tot 21 jaar tronkstraf gevonnis is vir die seksuele misbruik van kinders tussen die ouderdomme van 13 en 15 wetend dat hy MIV-positief is, appelleer nou teen ’n gedeelte van sy vonnisoplegging.
Sedney S. Somseb (42) het in sewe jaar – tussen 2011 en 2018 – herhaaldelik minderjarige kinders seksueel uitgebuit en een van sy slagoffers swanger gemaak.
Hy het aan die begin van sy verhoor skuldig gepleit op een klag van verkragting waarna die streekhof op Swakopmund hom in Oktober verlede jaar tot 15 jaar tronkstraf gevonnis het.
Hy is ná sy verhoor skuldig bevind op ’n verdere vier klagte vir die oortreding van die wet op onsedelike dade en is gevolglik tot agt jaar tronkstraf gevonnis.
Twee jaar van sy vonnis van agt jaar is egter opgeskort en Somseb is effektief tot 21 jaar tronkstraf gevonnis.
Hy appelleer nou teen die vonnis met betrekking tot die onsedelike dade-aanklagte.
Hy het Woensdag in die hoërhof in Windhoek verskyn vir sy aansoek om appèl voor regter Hosea Angula.
APPÈLAANSOEK
Een van die gronde waarop Somseb in sy appèlaansoek steun, is dat sy vonnis ’n gevoel van skok veroorsaak het en dat die vonnis te swaar is.
Die staat staan dié aansoek teen en voer aan dat Somseb se oortredings van ’n ernstige aard is. Die staat beklemtoon ook die feit dat hy as onderwyser in ’n vertrouensposisie was, sy slagoffers op ’n kwesbare ouderdom was en dat sy oortredings die kinders emosionele en sielkundige skade berokken het. Hulle het ook daarop gewys dat Somseb sy slagoffers herhaaldelik seksueel misbruik het en dat dit nie net een keer gebeur het nie.
“Hy het nie net een keer seksuele omgang met sy slagoffers gehad nie, maar op verskeie geleenthede oor ’n tydperk van sewe jaar,” lui hofstukke.
Die staat voer daarom aan dat die vonnis van ses en 15 jaar tronkstraf, wat beveel is om opeenvolgend uitgedien te word, gepas is en versoek die hof om die appèlaansoek van die hand te wys.
“Die vonnis wat deur die hof opgelê is, is in ooreenstemming met geregtigheid en die hof het nie fouteer nie. Lang vonnisse is ’n kategoriese imperatief vir diegene wat jong kinders verkrag,” het die staat aangevoer in hofstukke wat op 11 Januarie by die hof ingedien is.
Somseb is getroud met drie kinders en was 37 jaar oud toe hy in hegtenis geneem is. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie