Kragtige enjins op Swakop losgelaat
Tydrenne
Die Shell V-Power Swakop-tydren van die Walvisbaai-motorklub sal Saterdagoggend tienuur sonder Pieter Greeff met sy Muhatu en sy navigator, JP Robinson, in die S1-klas begin.
Greeff is een van die spanne wat weens meganiese probleme en ander verpligtinge nie aan die derde ronde van die nasionale kampioenskap kan deelneem nie.
Greeff se sealconsultingengineers 2x4-Toyota Corolla se ratkas is vol geite, dus sal Peer Röhm en Pieter Steyn alleen die jaers in die S2-klas moet pak.
Allan Martin asook Jaco Redelinghuys in die S4-klas sal ook nie vir die byeenkoms aanmeld nie.
Wilro Dippenaar en Carolyn Swan met sy PZN Paneelkloppers 4x4-Ford Fiesta R5 sal nie dié kompetisie misloop nie. Die S2-klas is propvol deelnemers wat vir ’n uiters mededingende kompetisie gaan sorg.
In die veldrenklas (CR1&2) gaan die 3.0 liter Sky-Way Fuels 2x4-Ford Courier deur ’n span groentjie-vroue hanteer word. Madeleine Koegelenberg sal die Courier gas gee met Tivian von Weidts as navigator.
Dirk Redman klim die slag saam met Harri-Johan Baarman in sy 4x4-Hilux. Die V8’s in die CR1-klas gaan pure plesier in wedrenondersteuners se ore wees.
Die kusstreek sal vir die eerste keer Loic Bathfield se massiewe V8-CR6 van 7.0 liter ervaar, terwyl Rian Kritzinger, Morné Oosthuizen en Ekko Eisenberg die V8-simfonie aanvul. Die teenwoordigheid van die broers Ewald Bisschoff en Hein Bisschoff sal beslis gemis word. Die veldren gaan propvol aksie en vuurwarm opwinding wees.
DIE INSKRYWINGS
S1-klas: Peer Röhm/Pieter Steyn, 2x4-VW Polo 1.6 l.
S2-klas: Berto Mostert/Chané Havenga, 2x4-VW Polo 2.0 l. Zachary Martin/Anique Schoeman, 2x4-VW Polo 2.0 l. Wido Bartsch/Raymond Fourie, 2x4-VW Polo 2.0 l. Jannie Coetzee/George Coetzee, 2x4-VW Polo 2.0 l A7.
S4-klas: Wilro Dippenaar/Carolyn Swan, 4x4-Ford Fiesta R5. Willem Hugo/Amanda Hugo, 4x4-Subaru Impreza GT. Issai Nhinda/Dian van der Merwe, 4x4-Subaru Impreza.
Veldklas CR1: Loic Bathfield/Johan Steyn, 2x4- CR6 Century Racing 7.0 l V8. Rian Kritzinger/Ian Stander, 2x4-Nissan Hardbody V8. Willie Schoeman/Hugo Arangies, Toyota Hilux. Ekko Eisenberg/Razzie Reitz, M Z Motors 2x4-JAC V8. Morné Oosthuizen/Jacques Kruger, 2x4-Zarco V8. Madeleine Koegelenberg/Tivian von Weidts, 2x4-Ford Courier 3.0 l V6.
Veldklas CR2: Dirk Redman/Harri-Johan Baarman, 4x4-Hilux 2.7 l. Werner Bartsch/Christel Fourie, 4x4-Ford Courier 3.0 l V6.
Die derde ronde van die nasionale tydrenkampioenskap oor 103 kilometer en tien sneldele word moontlik gemaak met die ondersteuning van J&P Hydraulics, Safewear Namibia, sealconsultingengineers en Sky-Way Fuels.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie