Henco Engineering het die mobiele dierehanteringstoerusting vervaardig. Foto Henco Engineering
Henco Engineering het die mobiele dierehanteringstoerusting vervaardig. Foto Henco Engineering

Kritieke infrastruktuur vir NCA verky

Ondersteuning vir boere
Die infrastruktuur en toerusting vir belang-hebbendes in die noordelike kommunale landbou is teen 'n koste van N$2,2 miljoen verkry.
Ellanie Smit
Kritieke infrastruktuur vir veehanterings en -toerusting is vir die noordelike kommunale gebiede (NCA) onder die lewendehawe-ondersteuningsprogram (LSP) teen 'n koste van N$2,2 miljoen verkry.

Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het met die ondersteuning van die Europese Unie (EU) die infrastruktuur deur die Europese Ontwikkelingsfonds (EDF 11) bekom.

Luidens ’n verklaring wat deur die landbouministerie uitgereik is, vorm hierdie ingryping deel van die deurlopende LSP-implementeringsfase, wat ontwerp is om produktiwiteit, marktoegang en die algehele veerkragtigheid van veeprodusente in die NCA's te verbeter.

Die ministerie het gesê vyf padwaardige swaardiens-laai-opritte is deur die inisiatief verkry.

"Hierdie opritte is ontwerp om veilige en doeltreffende op- en aflaai van vee te fasiliteer en stres en beserings tydens vervoer tot die minimum te beperk."

Die laaihellings is ontwerp om die doeltreffende en veilige laai van vee op voertuie te vergemaklik, wat stres op diere tydens vervoer aansienlik verminder, het die ministerie bygevoeg. Die laaihellings sal toegeken word aan vyf veevragmotors wat onder die LSP verkry en aan slagpale in staatsbesit versprei is.

“Dit is ewe belangrik om daarop te let dat hierdie laai-opritte aan padwaardigheidstandaarde voldoen wat hul geskiktheid vir gemeenskaplike boerderyomgewings verseker,” lui die verklaring.



TOERUSTING

Die verkrygingsinfrastruktuur sluit ook drie dierekratgewigskale in.

Volgens die ministerie sal die skale presiese gewigsmetings verskaf, billike handel verseker en datagedrewe veebestuursprosesse ondersteun.

Die skale is aan die King Immanuel Elifas Kauluma- en die Onyulaye-veilingskraal in die Oshikotostreek, asook die Ndevahoma-veilingskraal in die Ohangwenastreek versprei.

“Hulle kan ongeveer 20 beeste akkommodeer wat elkeen tot 200 kg weeg, met afmetings van 4,5 m x 3 m en sluit volledige laaiselle, ’n aanwyser en ’n groot skerm vir gemak van gebruik in.”

Vyf mobiele beeswerkstasies met skale wat op padwaardige sleepwaens gemonteer is, is ook verkry.

"Dit is ontwerp vir veelvuldige doeleindes, insluitend inentings, brandmerk, kastrasie, onthoring, weeg en dragtigheidstoetse."

Die ministerie het gesê die werkstasies bied boere 'n omvattende oplossing om noodsaaklike veebestuursaktiwiteite doeltreffend en veilig uit te voer terwyl arbeidsvereistes verminder word.

Die werkstasies sal na die Kavango-Oos-, Kavango-Wes-, Kunene-, Omusati- en Oshanastreke versprei word.



ONDERSTEUN BOERE

Die doelwit met die verkryging van die infrastruktuur en toerusting is om die lewendehawe-waardeketting in die NCA te versterk.

Dit het ook ten doel om kommunale boere te ondersteun in die verbetering van dieregesondheid, die vermindering van verliese en toegang tot formele markte, asook om produktiwiteit en die gehalte van vee vir beide binnelandse- en uitvoermarkte te verbeter.

“Hierdie belegging strook met Namibië se pogings om veeproduktiwiteit te verbeter en die ekonomiese waardeketting van boere in die NCA te verbeter.”

Onder die verwagte voordele van die inisiatief is verbeterde veiligheid en doeltreffendheid in veehanterings, verbeterde veegesondheidsmonitering en -bestuur, ondersteuning vir bemarkingsinisiatiewe deur akkurate gewigsmetings en verhoogde kapasiteit vir dierebehandeling en toetsdienste op kommunale vlak.

Die ministerie het bekelmtoon dat die toerusting strategies oor sleutelgebiede binne die NCA ontplooi sal word om reikwydte en impak te maksimeer.

Opleidingsessies sal ook aangebied word om plaaslike belanghebbendes, insluitend ministeriële personeel en boere, te bemagtig met die kennis om die toerusting te bedryf en in stand te hou.

Daarbenewens het ander inisiatiewe, soos die opknapping van die Katima Liselo Plaas/Kwarantynfasiliteit (Zambezi), die Ncaute-veilingskraal (Kavango-Oos), die opknapping van die Omutambo Maowe Quarantine (Omusati), die bou van die kunsmatige inseminasiesentrum en die opgradering van die Opuwo-slaghuis na ’n abattoir met ’n kleinveelyn (Kunene), sal alles aan die begin van 2025 van stapel gestuur word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.39 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.69 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 135.34 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.26 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1487.99 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 28.12 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86452.63 Up +1.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.86 Up +0.86% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16246.33 Up +0.23% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29668.47 Down -0.29% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 864.09/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.24% | Zinc US$ 2 779.50/T DOWN -1.19% | Brent Crude Oil US$ 75.77/BBP DOWN -0.0119 | Platinum US$ 1 006.26/OZ UP +0.54% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.39 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.69 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 135.34 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.26 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1487.99 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 28.12 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86452.63 Up +1.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.86 Up +0.86% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16246.33 Up +0.23% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29668.47 Down -0.29% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 864.09/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.24% | Zinc US$ 2 779.50/T DOWN -1.19% | Brent Crude Oil US$ 75.77/BBP DOWN -0.0119 | Platinum US$ 1 006.26/OZ UP +0.54%