• Tuisblad
  • Afrika
  • Landwye staking van staatsdienswerkers in SA voorspel probleme by grensposte
FOTO NETWERK24
FOTO NETWERK24

Landwye staking van staatsdienswerkers in SA voorspel probleme by grensposte

Henriette Lamprecht


Mense wat Suid-Afrika van Donderdag af wil binnekom of verlaat deur lughawens of grensposte, sal niemand hê wat hul paspoorte kan stempel nie. Dit is van die ontwrigting wat volgens mnr. Reuben Maleka, woordvoerder van die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) op Suid-Afrikaners en besoekers wag wanneer die vakbond van Donderdag af begin staak.

Netwerk24 berig die VSA het vandag in ’n mediaverklaring bevestig hy begin Donderdag met ’n nasionale staking in die staatsdiens, met die steun van die vakbondgroepering Fedusa.

Volgens die arbeidsontleder Andrew Levy verwag hy nie die staking sal drie tot vier weke duur nie, maar waarskynlik net so ’n week of twee.

Hoewel die groot onderwysvakbonde soos die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie en Sadtu wel reeds die loonaanbod van 3% aanvaar het, het Maleka beklemtoon die VSA het wel ook lede in die onderwyssektor. Hy sê dit is jammer dat matriekeksamens moontlik ontwrig kan word, maar meen dis nie die vakbonde se skuld nie maar die regering s’n, wat voete gesleep het, want dit is nou al November. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!