Lionel waardeer wêreldondervinding

Atletiek
Afrika-atlete staan hul man by die wêreldbyeenkoms.
Tielman Van Lill
Lionel Coetzee, Namibië se verspringkampioen en nasionale rekordhouer, kon nie vir die eindrondte by die Wêreldatletiekkampioenskap in Boedapest, Hongarye, kwalifiseer nie.

Coetzee was onder druk nie naby sy beste nie en met sy beste poging van 7.55 meter het hy 29ste uit 37 mededingers geëindig. Dit is 72 sentimeter kort van sy Namibiese rekord.

Sy persoonlike asook seisoensbeste is 8,27 m, wat hy vroeër vanjaar tydens die Namibiese nasionale senior kampioenskap in Windhoek behaal het.

Die kwalifiserende standaard om die finaal in Boedapest te haal, is 8.00 meter.

Coetzee het gister laat weet dit was ’n lang en uitputtende seisoen en hy gaan rus om vir die volgende seisoen reg te wees.

“Die kompetisie was groot en goed georganiseer. Ek het my ervaring geniet en ek het my beste gegee, al ek het nie die eindstryd gehaal nie. Die enigste ding wat my beslis beïnvloed het, was die wind. Ons sal net teruggaan na die tekenbord en dit van daar af neem,” het hy aan Republikein gesê.

Die twaalf kwalifiseerders vir die eindstryd is 1 Wayne Pinnock (Jamaika, wêreldbeste vanjaar met 8.54 m), 2 Jianan Wang (China, seisoensbeste 8.34 m), 3 Miltiadis Tentoglou (Griekeland, 8.25 m), 4 Carey Mcleod (Jamaika, 8.19 m), 5 Alejandro Parada (Kuba, 8,13 m), 6 Simon Ehammer (Switserland, 8,13 m), 7 William Williams (VSA, 8,13 m), 8 Tajay Gayle (Jamaika, 8,13 m), 9 Radek Juška (Tsjeggiese Republiek, 8,10 m) ), 10 Marquis Dendy (VSA, 8,08 m), 11 Thobias Montler (Swede, 8,03 m), 12 Jeswin Aldrin (Indië, 8,00 m).

WAYDE SE 400 METER

Wayde van Niekerk (44.65 s) in die semifinale met 00.05 sekondes vir Havard Bentdal Ingvaldsen (Noorweë, 44.70) geklop om as die enigste Afrika-atleet vir die 400-finaal te kwalifiseer.

Die Suid-Afrikaner sal vanaand om 21:35 teen die spoedvrate Ingvaldsen (44.39 PB/SB), Kirani James (Grenada, 44.50 SB), Matthew Hudson-Smith (Brittanje, 44.26 SB), Quincy Hall (VSA, 44.41 SB), Antonio Watson (Jamaika, 44.13 SB), Vernon Norwood (VSA, 44.26 PB) en Sean Bailey (Jamaika, 44.43 PB) in die wegspringblokke sak.

OP VANDAG SE PROGRAM

5 000 meter mans uitdunne (vanaf 19:00)

Betrokke Afrika-atlete: Cornelius Kemboi (Kenia, PB/SB 13 minute 00.68 sekondes), Joshua Cheptegei (Uganda, SB12:41.61), Nicholas Kipkorir (Kenia, SB 12:55.46), Hagos Gebrhiwet (Ethiopië, 12:48.18), Egide Ntakarutimana (Burundi, 13:03.61), Berihu Aregawi (Ethiopië, PB 12:40.45), Rodrigue Kwizera (Burundi, PB 13:04.57), Jacob Krop (Kenia, PB 12:45.71), Oscar Chelimo (Uganda, PB 13:00.42), Yomif Kejelcha (Ethiopië, PB 12:41.73) en Ishmael Rokitto Kipkurui (Kenia, PB 13:05.47).

200 m vroue semifinale (vanaf 19:45)

Betrokke Afrika-atlete: Maboundou Koné (Ivoorkus, PB 22.53 sekondes), Jessika Gbai (Ivoorkus, PB 22.43), Favour Ofili (Kenia, SB 22.11), Gina Bass (Gambië, SB 22.75) en Marie-Josée Ta Lou (Ivoorkus, SB 22.26).

Uitdun 1: 1 Anthonique Strachan (Bahamas, 22.31 sekondes), 2 Daryll Neita (Brittanje, 22.39), 3 Jaël Bestué (Spanje, 22.58), 4 Favour Ofili (Nigerië, 22.66).

Uitdun 2: 1 Sha’Carri Richardson (VSA, 22.16), 2 Marie-Josée Ta Lou (Ivoorkus, seisoensbeste 22.26), 3 Olivia Fotopoulou (Ciprus, PB 22.65).

Uitdun 3: 1 Shericka Jackson (Jamaika, 22.51), 2 Veronica Shanti Pereira (Singapoer, PB/nasionale rekord 22.57), 3 Jessica Gbai (Ivoorkus, 22.78).

Uitdun 4: 1 Julien Alfred (Saint Lucia, 22.31), 2 Natalliah Whyte (Jamaika, 22.44), 3 Bianca Williams (Brittanje, 22.67), 4 Gina Bass (Gambië, 23.02).

Uitdun 6: 1 Dina Asher-Smith (Brittanje, 22.46), 2 Maboundou Koné (Ivoorkus, 22.55), 3 Kayla White (VSA, 22.62).

200 m mans halfeindstryd (vanaf 20:20)

Die Afrika-spoedvrate Luxolo Adams, Letsile Tebogo, Joseph Fahnbulleh, Shaun Maswanganyi, Sinesipho Dambile, Tarsis Gracious Orogot en Alaba Akintola het vir die finaal gekwalifiseer.

Uitdun 1: Zharnel Hughes (Brittanje, 19.99 sekondes), 2 Aaron Bown (Kanada, 20.08), 3 Adams (Suid-Afrika, seisoen beste 20.15).

Uitdun 3: 1 Tebogo (Botswana, 20.22), 2 Fahnbulleh (Liberia, 20.42), 3 William Reais (Switserland, 20.50).

Uitdun 4: 1 Brendon Rodney (Kanada, SB 20.14), 2 Renan Correa (Brasilië, 20.44), 3 Shaun Maswanganyi (Suid-Afrika, 20.56).

Uitdun 5: Towa Uzawa (Japan, 20.34), 2 Courtney Lindsey (VSA, 20.39), 3 Rasheed Dwyer (Jamaika, 20.40), 4 Gracious Orogot (Uganda, 20.44).

Uitdun 6: 1 Erriyon Knighton (VSA, 20.17), 2 Andre de Grasse (Kanada, 20.28), 3 Sinesipho Dambile (Suid-Afrika, 20.34).

Uitdun 7: 1 Kenneth Bednarek (VSA, 20.01), 2 Alexander Ogando (Dominikaanse Republiek, 20.14), 3 Alaba Akintola (Nigerië, 20.54).

800 m mans semifinale (vanaf 20:50)

Betrokke Afrika-atlete: Emmanuel Wanyonyi (Kenia, 1 minuut 44.92 sekondes in uitdunne), Abdelati El Guesse (Marokko, 1:45.24), Tshepiso Masalela (Botswana, 1:45.60), Slimane Moula (Algerië, 1:45.76), Alexgetichich (Kipenya, Alexgetichich (Kipenya) 1:47.63), Djamel Sedjati (Algerië, 1:47.87).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!