Mandeladag vandag herdenk

Iréne-Mari van der Walt
Nelson Mandela Internasionale Dag, ofte wel Mandeladag, is ’n jaarlikse geleentheid ter ere van Suid-Afrika se eerste demokraties verkose president.

Die dag word op 18 Julie, op Mandela se verjaardag, herdenk. Hy sou vandag sy 106de verjaardag gevier het.

Die Verenigde Nasies (VN) het in November 2009 dié dag tot ’n herdenkingsdag verklaar om elke individu se mag te vier om die wêreld rondom hulle te verander.

Daarom moedig die Nelson Mandela-stigting almal aan om 67 minute van hul tyd aan welwillendheid af te staan.

Hoewel Mandela as Rolihlahla Mandela gebore is, het hy op skool die naam Nelson gekry toe sy onderwyser wat Zoeloe aangebied het nie sy naam kon uitspreek nie. In Suid-Afrika is hy ook bekend op sy Tembu-naam, Madiba.

NAMIBIË

Mandela is een van die bekende politici wat teenwoordig was tydens Namibië se onafhanklikheidsvieringe.

Die African National Congress (ANC) het vier jaar ná Namibië se onafhanklikwording in die buurland aan bewind gekom.

In 1996 het oudpresident Sam Nujoma Suid-Afrika vir die eerste keer sedert die einde van apartheid besoek.

“Deur hierdie pad voor ons te stap, het die Namibiese mense 'n voorbeeld gestel wat ons kan volg. Jy het ook gewys wat ons mense weet waar is, dat eenheid en versoening nie afhang van gedwonge samewerking tussen politieke partye nie,” het Mandela tydens ’n geleentheid ter ere van Nujoma gesê.

STANDBEELD

Netwerk24 berig dat die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa Dinsdag ’n standbeeld van Mandela in Mthatha en by die Qunu-erfennissentrum bekend gestel het.

Die standbeeld beeld Mandela uit in die drag van die Xhosa-Tembu-kultuur.

“Dit herinner ons aan die tradisionele waardes waarvolgens hy geleef het en wat sy gedagtes geslyp het.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!