Ministerie moedig mense aan om ID’s af te haal

Veldtog vir massaregistrasie bereik 110 000
Kristien Kruger
Sowat 130 000 identiteits­dokumente (ID’s) lê by ministe­riële kantore landswyd weens ­individue wat dit nog nie afgehaal het nie.



In ’n poging om dié kwessie te takel, het die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en seku­riteit dié week as ID-week verklaar.



Die ministerie het hierdie week onafgehaalde ID-kaarte na aangewese sentrums oraloor die land geneem om dit vir mense makliker te maak om hul ID’s af te haal.



“Streekowerhede is betrek om ideale punte vir die afhaal van ID-kaarte te identifiseer en om die veldtog deur gemeenskapsvergaderings en plaas- like radiostasies te kommunikeer.



“Sommige streke sal ook geboorteregistrasie en aansoeke vir beide ID’s en duplikaatdokumente hanteer,” lui ’n verklaring van die ministerie.



As deel van ID-week beoog die ministerie ook om bewustheid te kweek en dialoog rondom die sleutelkwessies van regsidentiteit te bevorder.



“Ons doen ’n beroep op alle ­Namibiërs om hul plaaslike versamelingsentrums te besoek en hul identiteitskaarte stiptelik af te haal.



“Verifieerbare bewys van identiteit is van deurslaggewende belang en onafgehaalde ID’s ondermyn hierdie fundamentele reg,” het die ­ministerie se uitvoerende direkteur, Etienne Maritz, in ’n verklaring gesê.



MASSAREGISTRASIE



Die regering het deur die ­ministerie van binnelandse sake ’n landswye massaregistrasieveldtog van stapel gestuur wat vanaf 5 Februarie tot 31 Julie vanjaar plaasgevind het.



Die inisiatief het ten doel gehad om die registrasie van ­geboortesertifikate en identiteitsdokument nader aan die mense te bring. Die ministerie het onlangs bekend gemaak dat meer as 110 000 mense glo deur hierdie veldtog bereik is en van die ­ministerie se dienste gebruik gemaak het.



Dit het ook ongedokumenteerde inwoners by die veldtog ingesluit wat nie aan die huidige vereistes vir nasionale dokumente voldoen nie.



“Hierdie individue, wat potensieel staatloos is, word in ’n funksionele register aangeteken in afwagting van komende wetgewing om staatloosheid te takel, wat ’n belangrike stap is om hul status te reguleer en maat-skaplike vordering te bevorder,” verduidelik Maritz.



– [email protected]



Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!