Die MSC Zoe word deur ’n sleepboot gelei. Foto ter illustrasie/Wikipedia
Die MSC Zoe word deur ’n sleepboot gelei. Foto ter illustrasie/Wikipedia

MSC verbind Walvisbaai met Afrika

Brigitte Weidlich
Die Mediterranean Shipping Company (MSC) en die nuwe huurder van die Walvisbaai vraghouerterminaal het ’n nuutontwerpte vragnetwerk vir Suider-Afrika aangekondig.

MSC, die grootste vraghouerverskepingsmaatskappy, het aan die einde van verlede week bekendgemaak dat hy die Walvisbaai hawe in ’n oorlaaisentrum vir vrag van Suider-Afrika wil omskep.

“MSC is verheug om die opgradering van sy NWC Suid-Afrika-diens en die bekendstelling van twee nuwe pendeldienste aan te kondig. Die NWK Suid-Afrika-diens bied nou direkte dienste tussen Noord-Europa en Suid-Afrika en nou ook na Namibië met 'n direkte lyn na Walvisbaai,” aldus die verklaring.

Walvisbaai word die nuwe oorlaaipunt vir MSC aan die weskus van Suider-Afrika en verlig sodoende die vragverkeer vanaf Europa.

"Die Namibië Express sal op 8 Januarie Kaapstad en Walvisbaai verbind en maak nou die aflewering van vrag van regoor Europa via Kaapstad na Namibië moontlik."

Die verskeping van vrag sal na verwagting in beide rigtings ongeveer drie dae neem. Verder sal ’n 'Mosambiek Shuttle' Walvisbaai, Maputo en Beira in Mosambiek verbind en daarna na Dar Es Salaam in Tanzanië en Mombasa in Kenia vaar.

"Vir die invoer en uitvoer van vrag na Europa word Walvisbaai as oorlaaiplek vir vrag gebruik om om Maputo en Beira te bedien," sê MSC. Die nuwe diens sal vanaf 20 Januarie in Walvisbaai stop, met 4 900 TEU-houers (20 voet-houer) aan boord die MSC Rosaria vanaf Londen op sy reis suidwaarts.

Die MSC-filiaalmaatskappy Terminal Investment Ltd (TiL) het op 1 November verlede jaar amptelik die vraghouerterminaal op Walvisbaai oorgeneem. Die terminaal is vyf jaar voor dit in November 2019 voltooi en het ongeveer N$4,2 miljard gekos om te bou. Die terminaal het ook ’n kapasiteit van 750 000 TEU per jaar, maar het egter nooit regtig van die grond af gekom nie, met NamPort wat lank na 'n geskikte huurder gesoek het. Die 25-jaar konsessie wat TiL gekry het, is die nuutste in TiL se ontwikkeling van ’n logistieke netwerk in Afrika deur die maatskappy. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 27° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 17° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 21° | 38° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 19° | 31° Windhoek: 17° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 17° | 30° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!