Muller nou Afrika-kampioen
Gevegskuns
Damian Muller van Windhoek het met ’n goue medalje by die Afrika-kampioenskap sy grootste prestasie nóg in gemengde gevegskuns behaal.
Die Namibiër het in Luanda sy geveg teen Angola se Mafuana Mbungo eenparig met punte beklink om die senior mans vlieggewigklas te wen.
Sy landgenoot Veja Hinda bring die silwer huis toe, nadat die gewese kontinentale veergewigtitelhouer se geveg teen Clelio Diogo eenparig aan die Angolees toegeken is.
Geraldo Bok het met die bronsmedalje geëindig. Bok was in ’n moeilike situasie toe hy teen sy spanmaat en oefenmaat Hinda geloot is en het verkies om die uitslag sonder ’n geveg prys te gee.
Die klein maar gedugte spannetjie is deur hul afrigter Carlos de Sousa vergesel.
Foto’s Sousa MMA Studio

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie