Namibië groet sy geliefde langnek
Die trane lê vlak op Omaruru Game Lodge ná die dood van Sammy, die geliefde kameelperd wat soveel meer as net ’n toeriste-aantreklikheid was.
Sammy se lewe is Saterdag geheimsinnig kortgeknip, hoewel daar bespiegel word dat dit moontlik weens die noodlottige byt van ’n swartmamba was. Laasgenoemde is egter nog nie bevestig nie.
Sammy, geliefd en bekend as die “sagte reus”, is deur almal gekoester vir sy kalm geaardheid wat maklik vertrou het en ook sy unieke verhouding met mense.
Hy het ’n simbool geword van geluk en het besoekers vreugde verskaf met sy spelerige nuuskierigheid – ’n lek deur die gesig of ’n loer oor die skouer.
Omaruru Game Lodge het Sondag in ’n verklaring hul hartseer oor die verlies van hul geliefde Sammy uitgespreek.
“Dis met groot hartseer dat ons die dood van ons geliefde kameelperd Sammy bekend maak. Hy het die lewens van soveel geraak en vreugde en glimlagte gebring aan almal wat die voorreg gehad het om hom te ontmoet.
“Sy sagte en spelerige geaardheid het nooit nié ’n glimlag op mense se gesigte gesit nie en dit het elke ontmoeting met hom werklik spesiaal gemaak.
“Sammy het eindelose geluk aan ons gebring en sy teenwoordig sal erg gemis word. Hoewel hy nie meer met ons is nie, sal die herinneringe aan hom vir altyd in ons harte voortleef,” lui die verklaring.
“Mooi onthou’s, so hartseer," het Tanja Liebenberg geskryf, terwyl talle foto’s van hul ervaring met Sammy gedeel het.
Die wildlewe-entoesias Kyle Hume het die kollektiewe gevoel van verlies goed opgesom en geskryf: “Namibiese toerisme het iets werklik spesiaal verloor – ’n geliefde wildlewe-ambassadeur wat ons herinner het aan die skoonheid van verbintenis en vertroue tussen mense en die natuur.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie