Ndeitunga
Ndeitunga

Ndeitunga berispe onbeskofte staatsamptenare

Verander opvatting oor openbare kantore
Die sakevrou Martha Namundjebo-Tilahun sê die jeug moet hul ouers en grootouers eer net soos God hulle beveel het.
Tanja Bause
Tuyeimo Haidula - Sebastian Ndeitunga, goewerneur van Ohangwena, het staatsamptenare wat onbeskof is daaraan herinner dat die ampte wat hulle beklee nie hul persoonlike koninkryk is nie, maar instellings van die staat wat geskep is om die publiek beter te dien. Hy het hulle ook aangemoedig om op te hou om mense se voorkoms te beoordeel voordat hulle besluit hoe hulle versoeke vir diens hanteer.

“Sommige mense gaan in hul kantore en wanneer mense diens eis, skree hulle ‘gaan uit my kantoor!’ Watter kantoor is joune? Die salaris wat jy kry, word deur die publiek betaal,” het Ndeitunga, die voormalige hoof van die Namibiese Polisie, gesê.

“Wanneer mense by jou kantoor inkom om diens te soek, is hulle jou baas. Wees hoflik. Wees respekvol en sê vir die mense ‘welkom in my kantoor. Wat kan ek vir jou doen?’” het Ndeitunga gesê.

Hy het gesê Namibiërs moet opvattings oor openbare kantore en die private sektor verander en meer respek bied aan diegene wat hul dienste soek.

“Jy hoef nie te kyk of die mense ryk, lelik of mooi is of uit watter gebied hulle kom nie. Een Namibië, een nasie. Wees lief vir jou mense. Wees lief vir jou land. As dit 17:00 is, sê jy, jy kan niemand meer help nie, want dit is uitvaltyd. Die persoon het 'n tou gestaan en wag en is dalk ‘n bejaarde persoon. Ons moet die opvatting van amptenare verander.”

Hy het Sondag gepraat tydens ‘n kersete vir bejaardes wat in Olunghono deur sakevrou Martha Namundjebo-Tilahun en haar broers en susters aangebied is.

EER JOU OUDSTES

Die voormalige polisie-generaal het bygevoeg die nasie is tans verdeeld, wat dit moeilik maak vir mense om saam te werk.

“Tydens die bevrydingstryd het ons nie na stamme en gebiede van herkoms gekyk nie. As een van jou eie in die geveg beseer is, sal jy jou uiterste beste diens lewer om daardie persoon te help. Hou op om mense [gebaseer] op stamme te identifiseer. Ons is een familie en ons moet mekaar omhels. ‘n Besering aan een is ‘n besering vir almal,” het Ndeitunga gesê.

Intussen het Namundjebo-Tilahun gesê die jeug moet hul ouers en grootouers eer, net soos God hulle beveel het.

“Dit moet ons daaglikse gebod wees, ongeag stam, ras of ekonomiese status. Die krag van ‘n nasie moet gemeet word in ooreenstemming met ons verbintenis tot sterk gesinne en huishoudings,” het sy gesê.

Onder die senior burgers wat die middagete bygewoon het, was oudpresident Sam Nujoma, Ohamba van Oukwanyama Martha Mwadinomho ya Christian Nelumbu, Uukwambi tradisionele hoofman Herman Ndilimani Iipumbu en Omukwaniilwa van Ondonga Fillemon Shuumbwa Nangolo. Namundjebo-Tilahun het verskeie items geskenk, terwyl die bejaardes ook gratis mediese ondersoeke ontvang het.

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!