Nuwe dam in die Kahnrivier

Brigitte Weidlich
Brigitte Weidlich

Die Kanadese maatskappy Osino Gold Exploration and Mining wat tans die "Twin Hills"-goudmynprojek sowat 25 km noordoos van Karibib onwikkel oorweeg dit om ‘n dam in die Khanrivier te bou. Dit behoort die toekomstige myn van tot veertig persent van sy waterverbruik te voorsien.

‘n Mynmaatskappy het reeds in die 1990’s beplan om ‘n dam in die Khanrivier te bou. Dié plan is egter ná sterk kritiek geskrap.

Die dam wat deur Osino oorweeg word, sal ‘n dammuur byna vyf meter hoog hê en ‘n opgaarvolume van ongeveer 786 000 kubieke meter. Hiervan sal slegs 500 000 kubieke meter twee keer per jaar verwyder word.

Die goudmyn is veronderstel om net vir dertien jaar in bedryf te wees, dan is die goudare en goudneerslae glo uitgeput.

“Ondanks die sukses van watervoorsieningstudies wat tot dusver in die Karibib-marmerakwifeer uitgevoer is, ondersoek Osino steeds ander bronne, insluitend die Khanrivierdam-opsie,” het die firma SLR Consulting gesê.

Die goudprojek is in ‘n gebied geleë waar water baie skaars is.

“Die dam kan tot 30 tot 40 persent van die totale mynwaterbehoeftes voorsien."

SLR het gesê dat ‘n omgewings-lewensvatbaarheidstudie wat in opdrag van Osino aangevra is, verlede jaar begin is en openbare verhore is vroeg in Augustus gehou.

‘n Konsep van die verslag is nou beskikbaar. Die primêre waterbron vir die goudprojek sal boorgate wees wat grondwater uit die Karibib-marmerakwifeer pomp. Hulle sal na verwagting ongeveer 3 300 kubieke meter (m³) per dag of 1,1 miljoen kubieke meter per jaar lewer.

“Hierdie verskaffingstrategie is gebaseer op volhoubare opbrengste, wat tydens die proeffase van die program getoets is en later deur myndreinering aangevul sal word,” sê SLR Consulting.

Omgewingskenners is bekommerd dat die dam die vloei van water na die Swakoprivier tydens reënseisoene kan beperk.

By een van die verhore is aanbeveel dat Osino – soos die Navachab-goudmyn naby Karibib – water van die Swakoppoortdam kry. Die voorlopige verslag kan by www.slrconsulting.com besigtig word. Belangstellende en geaffekteerde partye sowel as die publiek kan teen 20 Februarie kommentaar lewer oor die inhoud en aan SLR skryf.

Inligting kan ook by die volgende adres verkry word: [email protected].

Openbare verhore word ook soos volg beplan: In Karibib op 6 Februarie om 14:00 in die stadsaal. In Usakos ook op 6 Februarie om 18:00 en op 7 Februarie in Omaruru om 12:00 in die stadsaal.

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!