Godfrey Kleinhans
Godfrey Kleinhans

Onderwys

Mandy Rittmann
En nogmaals



tiener-swangerskappe! Die onlangse verslag van Dr David Emvula oor tiener-swangerskappe in die media, het my oortuig dat die tyd, energie en geld wat aan hierdie sosiale euwel bestee word, nie aan ons die verwagte uitkomste besorg nie. Die voorkoms daarvan neem toe en dit sleep jong dogters die armoede poel in. In die vier vorige aflwerings oor hierdie onderwerp, is ’n paar kritieke aspekte daarvan belig.



Eerstens is gewys op die diskonneksie tussen beleid en realiteit, die konneksie tussen tiener-swangerskappe en armoede en die voorkoms daarvan in Afrika. Die tweede artikel het gefokus op klein navorsingsprojekte; een by ’n skool in die RSA en ’n onderhoud wat ek ter plaatse gevoer het. In die derde aflewering is die fokus geplaas op voorkoms daarvan in Ohangwena wat bewys dat die situasie veel erger is as wat die onderwys-statistieke wys. In die laaste aflewe-ring het ek daarop gewys dat tiener-swangerskappe hoef nie die einde van jong meisies se drome te wees nie. Met die nodige ondersteuning kan moeder-dogters nog hul drome realiseer.



Dr Emvula, ’n pediater by die Windhoek Sentraal, se verslag en kommentaar oor die toename in voorkoms van tiener-swanger-skappe, dui daarop dat ons rede tot kommer het. Volgens die United Nations Population Fund for Namibia was die groeikoers in tiener-swangerskappe iets soos 19%. Dit wil sê dat amper ’n 5de van meisies 19 jaar en jonger swanger raak of geboorte skenk. In die eerste termyn van hierdie jaar was daar 147 meisies swanger in Zambezi. Weer eens wys ek daarop dat die statistieke van Gesondheid en Geslagsgelykheid meer betroubaar blyk te wees. Volgens Dr Emvula wil dit voorkom asof seksuele onderrig op skool nie



veel vrugte afwerp nie.



Die parlementêre komitee wat die verskynsel in van die noordelike streke ondersoek het, het onder andere die ekonomiese oorsake vir tiener-swangerskappe uitgelig. Hulle het gevind dat jong meisies “seksuele gunste” vir geld verruil aan vragmotor- en taxibestuurers en sogenaamde “sugar daddies”. Verder is daar die bewering dat ouers nie juis hul dogters ontmoedig nie, daar van die moeder-dogters of hul kinders onder sekere omstandighede kwalifiseer vir ’n soort van toelaag. Ons sit met ’n probleem!



Ek het voorheen daarop gewys dat die problematiek van tiener-swangerskappe roep om ’n multi-sektorale benadering. Ons benodig kennis en ervaring vanuit verskillende sektore. Ja, data word ingevorder deur Gesondheid en Welsyn, Geslagsgelykheid en Onderwys. By Onderwys word data ook ingevorder deur die skoolsielkundiges. Op hierdie stadium is daar nie vir my ’n goeie aanduiding van die sinchronisasie van hierdie pogings nie. Intussen gaan die tendens voort en armoede vermenigvuldig. Die bose kringloop word soos die ondeurdringbare muur van China. Dit is tyd dat die gemeenskap betrek word en sy “eie” probleem op ’n



kollektiewe wyse aanspreek.



Die doel van koerantrubrieke is om problematiese situasies aan te spreek, die leserspubliek in te lig, positiewe en negatiewe kritiek te lewer, en moontlike oplossings aan die hand te doen. In die lig van hierdie “mandaat” is dit my mening dat tiener-swangerskappe suksesvol aangespreek kan word deur ’n Gesondheids- en Veiligheidsfora. ’n Forum bestaande uit verteenwoordigers van die plaaslike en streeksowerhede, die onderwys-streeksdirektoraat, maatskaplike werkers, plaaslike staatshospitaal, plaaslike magistraatskantoor, die polisie en verteenwoordigers van die universiteitskampus. Verder moet geestelike leiers, vroedvroue, uitgetrede onderwyskundiges soos skoolhoofde, inspekteurs van onderwys, skoolsielkundiges en onderwysbeplanners ook sitting op so ’n forum kry. So ’n forum kan spesifiek fokus op tiener-swangerskappe en reproduksie.



- [email protected]



Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!