ONS TAAL
SomerkersfeesWatter woord, as jy hom sê, vernietig hy homself?
Natuurlik die woord stilte! Sodra jy die woord hardop sê, verbreek jy die stilte. Dan bestaan die stilte skielik nie meer nie. Deur die woord hardop te sê, vernietig jy die betekenis van die woord stilte, want dan is dit nie meer stil nie. Woorde is en bly kosbaar, veral ook die woord stilte. Die stilte self is nog kosbaarder.
Stilte, aldus die HAT, “is ’n eienskap, toestand van sonder beweging te wees; toestand dat daar geen geluid gehoor of gemaak word nie; rus, kalmte, stilheid.” Vir my is die mooiste deel die laaste deel oor rus, kalmte en stilheid. Dis wat Kersfees beteken: verwondering oor stilte in stilte.
Geen wonder dat ons eie Kersfeeskenwysie in die Suiderland begin met “Welkom, o stille nag van vrede, onder die suiderkruis, wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis”. Die wydsheid van hierdie land bring ruim stilte, laat dit afdaal tot tussen skape en kinders wat met verwondering die stilte van die sterrehemel aanskou.
En selfs wanneer ons oorgeërfde Kerswysie oor ons neerdaal, kan ons nie anders as om sag in die stilte saam te sing:
“Stille nag, heilige nag
Jesuskind lank verwag
Lig uit Lig, uit die Vader se ryk
Word uit liefde aan mense gelyk.”
... en daar was engele en wel stilte en vrede.
Tot vandag toe nog.
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie