Oop grenspos sal ekonomie laat groei
Vir bykans twee jaar in onbruik
Die grensposte aan weerskante van die Oppenheimer-brug oor die Oranjerivier by Oranjemund en Alexanderbaai het Dinsdag heropen.
Suid-Afrika het op 16 Maart 2020 aangekondig dat meer as 35 van sy 72 grensposte by landsgrense gesluit sal word om die verspreiding van SARS-CoV-2 hok te slaan.
Die grensposte aan weerskante van die Oppenheimer-brug oor die Oranjerivier by Oranjemund en Alexanderbaai was onder dié wat geraak is.
Dié grensposte is van Dinsdag af amptelik weer oop nadat dit vir bykans twee jaar in onbruik was.
Sakebedrywighede is hierdeur geraak en vragmotorbestuurders is genoop om ‘n bykomende 800 km via die Noordoewer-grenspos te ry.
“Die kulture wat Namibië en Suid-Afrika deel, en bowenal – op ekonomiese vlak – projekte soos die groenwaterstofprojek en onlangse olievondse, skep noue bande.
“Eerder as om professionele mense uit die buiteland by hierdie tipe projekte te betrek, moet ons ons eie mense uit Namibië en Suid-Afrika gebruik om die werk te doen,” het mnr. Archie Whitehead, die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris in Namibië, gesê.
Hy het verder beklemtoon dat dieselfde belang wat aan die heropening van die grenspos geheg word, ook vir die tweelingooreenkoms moet geld.
Die tweelingooreenkoms is ‘n gesamentlike aksieplan tussen die ||Kharas-streekraad en die Noord-Kaapse provinsiale owerheid in Suid-Afrika.
Die ooreenkoms het ten doel om bilaterale ondersteuning te bied in terme van onderwys, sport, kuns en kultuur, omgewing en toerisme, landbou, veiligheid en sakebande, sowel as plaaslike owerhede.
“Dit is ‘n ongelooflike belangrike gebeurtenis vir Oranjemund en die hele streek. As ‘n kommersiële grenspos sal dit die dorp toeganklik maak vir kommersiële verkeer en toeriste.
Ons sien uit na nuwe toerismegeleenthede, hernubare energie en ‘n aantal ander domeine met die verbintenis tussen die twee lande,” het mnr. Riaan Burger, uitvoerende hoof van Namdeb, gesê.
Mnr. Lasarus Nangolo, die streekraadslid van die Oranjemund-kiesafdeling, het sakelui aangeraai om hierdie grens ook te gebruik om toeriste-aantreklikheid te bevorder.
Hy het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse en Namibiese regering gedoen om aandag te gee aan die kwessie dat die brug slegs eenrigtingverkeer toelaat.
“Die brug moet verbreed word om reis tussen dié twee lande veilig te maak,” het Nangolo gesê.
Me. Aletha Fredericks, goewerneur van die ||Kharasstreek, het gesê sy is dankbaar vir die heropening van die brug en sien uit daarna om nog ander projekte onder die tweelingooreenkoms te voltooi.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie