Papsopnat Onafhanklikheidsnaweek
Onafhanklikheidsnaweek was papsopwaternat en gevul met vreugde, vieringe en dankbaarheid oor die milde landswye reën, maar wat ook chaos veroorsaak het.
Die langnaweek was gekenmerk deur erge donderstorms, riviere in vloed, paaie en brûe wat verspoel, verkeersopeenhopings, voertuie wat wegspoel en damme wat geweldige invloei kry.
Onafhanklikheidsvieringe en die inswering van die eerste vroulike president van Namibië, Netumbo Nandi-Ndaitwah, by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek moes Vrydag inderhaas na staatshuis verskuif word.
Op Okahandja was nie net wateronderbrekings nie, maar die lewe van die vyfjarige Ingrid Maasdorp is deur vloedwaters geëis toe haar liggaam Vrydag onder ‘n brug by Veddersdal ontdek is. Sy is Donderdagaand as vermis aangemeld. Vrydag is die ou B1-pad tussen Windhoek en Okahandja by Osona tydelik weens veiligheidsmaatreëls gesluit nadat ‘n brug beskadig is en krake begin toon het. Motoriste kon slegs die A1-snelweg gebruik.
In die hoofstad was Donderdag verkeerschaos nadat reënmeters oorgeloop en dit byna 200 mm gestortreën het. Tien voertuie is deur riviere in Windhoek meegesleur met berigte van verskeie voertuie wat in kolkende riviere in ander dele van die land beland het, meegesleur en insittendes gered moes word. Kusdorpe se strate was oorstroom en inwoners het wateronderbrekings ervaar.
Die Arisbrug 30 km suid van Windhoek op die pad na Rehoboth het Donderdagoggend erge vloedskade met groot krake ervaar en moes gesluit word. Vragmotors en ander voertuie het op die belangrike roete vanaf Suid-Afrika vir kilometers lank weerskante van die brug opgehoop of moes van ander ver ompadroetes gebruik maak. Barmhartige samaritane het kos en water vir die motoriste gevat. Pendelaars van Rehoboth, Groot Aub en Omeya wat in Windhoek werk, kon nie terugkeer nie.
Die Paaie-owerheid van Namibië moes inderhaas die Chinese padkontrakteur, China Railways Group, inkry om ‘n verbypad by die brug te bewerkstellig wat eers ‘n dag later op Vrydag voltooi was. Verkeer het egter steeds teen ‘n slakkepas deurbeweeg.
SWAKOPPOORTDAM LOOP OOR
Landswyd het tien damme massiewe invloei gehad. Die Swakoppoortdam het Saterdagoggend oorgeloop toe dit 105% van sy kapasiteit bereik het en die sluise is om 09:25 deur NamWater oopgetrek om die oorloop te bestuur. Die dam was verlede Maandag volgens die NamWater se dambulletin 39,9% vol.
Vloedkommer het op Mariental geheers oor die Hardapdam wat verbysterende vinnige invloei gehad het en die damvlak het vanaf verlede Maandag se 24,3% tot 62,2% gisteroggend gestyg het. Invloei het egter gisteroggend afgeneem na 183 kubieke meter per sekonde nadat dit Donderdag teen ‘n tempo van 1 143,7 kubieke meter per sekonde was. Die Hardapskema se besproeiingsboere is verheug omdat hulle weer hierdie seisoen koring sal kan plant.
Die Von Bachdam by Okahandja was gister 58,1% vol teenoor verlede Maandag se 29,4%. Die Omatakodam het van 25,8% tot 46,2% gestyg.
Leë Gobabisdamme het ook invloei gekry met die Otjivero-hoofdam wat van 3,5% tot 5% gestyg het, die Otjivero-slikdam van 2,5% tot 3,6% en Daan Viljoendam van 9,1% tot 34,7%.
In die Suide het die Nautedam by Keetmanshoop ook van 50,1% tot 54,7% geklim, die Neckartaldam van 82% tot 84,2% en by Rehoboth het die Oanobdam se vlak van 32,5% tot 52,6% toegeneem. In die Weste het die Omdeldam ook invloei gekry en staan nou op 8,3%.
Volgens die Namibië Meteorologiese Diens se weerwaak sal wydverspreide donderduie in die streke van Kunene, Erongo, Khomas en Hardap voortduur.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie