PAS IN: Dan Craven en Bellhaus snoer kragte saam
#NMHnews
Die voormalige professionele padfietsryer en tweemalige Namibiese Olimpiër, Dan Craven, bring sy bekroonde fietshandelsmerk, Onguza, na Windhoek vir ’n unieke opwipwinkel by die Bellhaus Atelier & Galerie vanaf Donderdag 12 Oktober tot Sondag die 22ste. Die winkel sal die handelsmerk se wêreldklas-fietse, handgemaak in Omaruru, ten toon stel.
Hierdie grensverskuiwende inisiatief verteenwoordig ’n noemenswaardige stap vir Bellhaus en sluit aan by die galery se oorkoepelende missie om kreatiewe talente te koester en tegemoet te kom. Terwyl die fokus tradisioneel gedraai het rondom die aanbieding van uitstallings, verbreed die galery nou sy horisonne om ook te dien as ’n ateljee wat toegewy is om vooruitdenkende entrepreneurs en ambagsmanne wat hul kreatiewe energie kanaliseer om unieke voorwerpe en ervarings te skep, in die kollig te plaas.
Die Onguza-opwipwinkel sal ook verskeie geleenthede oor die tydperk van tien dae aanbied, waaronder ’n openingspartytjie op Donderdag 12 Oktober, asook verskeie oggendkoffieritte saam met Dan Craven. Gedurende die week sal Onguza se kreatiewe direkteur, Collyn Ahart, ’n werkswinkel aanbied met die tema “From Omaruru to the World: How to build a world-famous brand from the Namibian desert” vir entrepreneurs, studente, ontwerpers en ander kreatiewes.
Besoek die Facebookblad Bellhaus Atelier & Galerie om op hoogte te bly van al die gebeure op die opwindende kalender rondom dié gesamentlike inisiatief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie