PAS IN: Inisiatief gee plaaslike kunstenaars vlerke
#NMHart
Die groepuitstalling Rising Voices open op 10 Augustus by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC).
Hierdie uitstalling bring die werk van Elisia Nghidishange, Lynette Diergaardt, Lynette Musukubili, Kambezunda Ngavee en Vitjitua Ndjiharine bymekaar. In 2022, deur ’n mededingende aansoekproses, het hierdie vyf Namibiese kunstenaars elk ’n kontanttoekenning ontvang van die Africa Prime Initiative (API), die filantropiese tak van die Amerikaans-gebaseerde videostroomplatform Africa Prime. Die uitstalling sal bestaan uit beeldhouwerke in saamgesweiste metaal en klip, weefwerk in plastiek en natuurlike materiale en digitale kuns. Ter viering van die kunstenaars se werke en die ruim ondersteuning van die API, sal hierdie uitstalling vanaf 11 tot 21 Augustus by die FNCC te sien wees, met ’n amptelike openingsgeleentheid op 10 Augustus om 19:00. Almal is welkom om dit by te woon en toegang is gratis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie