• Tuisblad
  • Afrika
  • PAS IN: OYO-flieks gekies vir Mauritius-rolprentfees

PAS IN: OYO-flieks gekies vir Mauritius-rolprentfees

Yandi Du Plessis
Die Ombetja Yehinga Organisation (OYO) se kortflieks 'Be a Lady' en 'Be a Man' is gekies om deel van die amptelike seleksie by die Phare Internasionale Rolprentfees in Mauritius te wees. Die organisasie het dié aankondiging vandag op sosiale media gemaak en dit as ’n “groot eer” beskryf.

Die rolprente kyk na geslagstereotipes, en hoe daardie stereotipes mense in boksies kan plaas. 'Be a Lady' en 'Be a Man' is daarop gemik om gesprekke aan te moedig oor of mense kan wees wie hulle wil wees, en of mense moet funksioneer binne die beperking van wat hul kultuur, samelewing, sosiale media en vriende van hulle verwag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!