Foto Kristien Kruger
Foto Kristien Kruger

PAS IN: RDP se aansoek in kieshof misluk

Kristien Kruger
Die Rally for Democracy and Progress (RDP) se dringende aansoek in die kieshof is vanoggend uitgegooi nadat drie regters beslis het dat dié hof nie die jurisdiksie het om die aansoek te hanteer nie.

Die RDP, Hinananye Nehova, Ismael Frans, John Nghishekwa en Asser Sheuyange het die dringende aansoek gebring teen Mike Kavekotora, Kenedy Shekupakela, Nicanor Njdose, Cecil Nguvauva en die verkiesingskommissie (ECN).

In die aansoek het die RDP ’n tussentydse interdik versoek wat Kavekotora, Shekupakela, Njdose en Nguvauva toegang te verbied tot die RDP se bankrekening en hulle verder te verbied om enige konferensies of vergaderings te hou oor die nominasies vir die nasionale en presidentiële verkiesings wat in November sal geskied.

Dit was hulle versoek dat die interdik in werking bly tot die afhandeling van ’n appèlaansoek wat die RDP gebring het.

Regters Nate Ndauendapo, Kobus Miller en George Coleman het saamgestem dat die kieshof nie die jurisdiksie het nie omdat die aansoek nie betrekking het tot die kieswet nie. Die respondente se prokureur het aangevoer dat die aansoek eerder in die hoërhof gebring moes word.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!