Foto Facebook
Foto Facebook

PAS IN: Spog met jou superkennis oor superhelde

Yandi Du Plessis
Aanhangers van Iron Man, Captain America, Hulk, Thor, Black Widow, die hele MCU en superheld-strokiesprente, kan solank regskuif vir ’n opwindende vasvra-aand. Dis tyd vir aanhangers van Marvel om met hulle kennis van dié uitgebreide superfranchise wat oor 32 rolprente en nege reekse strek, te spog.

Sluit Woensdag 2 Augustus aan by 'n Trivia-aand saam met Tucks and Tiaras by The Wolfshack. Besprekings is noodsaaklik vir spanne van drie tot ses individue per span. Die aksie begin om 18:30 vir 19:00. Besprekings kan via WhatsApp by 081 423 4243 gedoen word. Daar sal pryse vir die besgeklede deelnemers op die spel wees.

Tucks and Tiaras bied elke Woensdagaand 'n vasvra-aand by The Wolfshack aan.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer