• Tuisblad
  • Afrika
  • PAS IN: Werkswinkel verken fotografie, geskiedenis en vryheid
Foto Facebook
Foto Facebook

PAS IN: Werkswinkel verken fotografie, geskiedenis en vryheid

Yandi Du Plessis
Die ambassade van Portugal in Namibië, saam met StArt Art-galery en die Namibiese Kunsvereniging (NAA) bied 'n werkswinkel met die fotograaf en antropoloog Carlos Barradas aan getiteld "Photography, History, and Freedom: An Exploration of Historic Moments".

Die vyfdag-werkswinkel sal van 22 tot 28 November by die NAA se uitstalruimte (Robert Mugabelaan 122, Windhoek) plaasvind.

Hierdie werkswinkel word georganiseer binne die raamwerk van die viering van die 50ste herdenking van die Anjerrevolusie in Portugal, wat volgende jaar gaan plaasvind. Die Portugese Anjerrevolusie het op 25 April 1974 plaasgevind, wat 'n einde gemaak het aan die diktatoriale regime wat sedert 1926 in die land in plek was.

Aansoeke is oop tot 13 November en kan via die volgende skakel ingedien word: https://forms.gle/EV9cJ4RXSKFBrG276.

Die werkswinkel is gratis, en word ondersteun deur Camões, I.P.– Instituut vir Samewerking en Taal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!