• Tuisblad
  • Afrika
  • PAS IN: WOORDFEES GENOODSAAK OM TWEE KUSVERTONINGS TE KANSELLEER
Foto Facebook
Foto Facebook

PAS IN: WOORDFEES GENOODSAAK OM TWEE KUSVERTONINGS TE KANSELLEER

Yandi Du Plessis
Die Windhoek Woordfees het vandag aangekondig dat twee van die vier vertonings wat van vandag tot Vrydag by die kus aangebied word, ongelukkig weens ‘n gebrek aan belangstelling gekanselleer moes word.

Dit is die vertoning Laerskool Noord wat môreaand 2 November op Walvisbaai aangebied sou word, asook die musiekvertoning van Joshua na die Reën wat Vrydagaand 3 November by The Dome op Swakopmund sou plaasvind.

“Die afgelope weke het ons bekommerd die lae kaartjieverkope dopgehou, en dit is met groot teleurstelling dat ons tot die besef gekom die swak bywoning sal tot ‘n groot geldelike verlies vir Windhoek Woordfees lei,” sê Elizma Theron, die geleentheidskoördineerder.

“Dit was ’n moeilike besluit, aangesien ons daarna streef om die gemeenskap met die aanbieding van topgehalte teater- en musiekproduksies te bedien. Tog is ons genoodsaak om die belange van die Windhoek Woordfees Trust in ag te neem en te verseker dat ons nie ’n onredelike finansiële las daarop plaas nie,” sê sy.

Diegene wat kaartjies gekoop het, se geld sal aan hulle terugbetaal word. Hulle sal SMS’e in dié verband ontvang.

Die twee vertonings wat vanaand by The Dome aangebied word, Liefdesbriewe en Marion Holm, word nié deur die besluit geraak nie. Windhoek Woordfees sien uit om Swakopmunders daar te verwelkom.

Net so heers daar groot opgewondheid oor die Woordfees se program wat Vrydag om 18:30 met die vertoning van Liefdesbriewe by Droombos in Windhoek afskop.

Nie minder nie as 9 items is vir Windhoekers op die feesprogram. Besoek gerus www.windhoekwoordfees.com.

Kaartjies sal voor elke vertoning by die deure verkoop word aan diegene wat nie vooraf aanlyn by eticket.my.na kaartjies gekoop het nie.

Mense wat reeds kaartjies vir die gekanselleerde vertonings gekoop het, moet asb hulle naam en bankbesonderhede per e-pos na [email protected] stuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!