#PasIn: Leiers van openbare ondernemings vergader op Rietfontein
‘n Optog deur lede van openbare ondernemings (PE's) is vroeg vanoggend in die strate van Rietfontein gehou. Dit is ter viering van die opening van die 8ste jaarvergadering deur die forum van uitvoerende hoofde van openbare entiteite, asook ‘n gala dinee en ‘n sportgeleentheid wat reeds vanaf gister (31 Mei) by die Rietfontein NYS-jeugsentrum plaasvind. Die geleentheid, wat tot 3 Junie duur, word aangebied in samewerking met die Nasionale Jeugdiens (NYS) asook Namcor. Tydens die geleentheid sal sokkerwedstryde tussen die uitvoerende hoofde en besturende direkteure van verskeie PE’s by Rietfontein gehou word. Daarna sal verskeie netwerk-sessies aangebied word vir dié leiers, waar hulle “konstruktiewe gesprekke tot gemeenskaplike voordeel” sal voer en ook hul ervaringe en beste praktyke met mekaar kan deel.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie