#PASIN: Namibiese skeppings pronk op Afrika-kunsskou
#ProjectRoom
Namibië se The Project Room-galery het vanaf 26 tot 28 Mei in die afdeling van internasionale galerye deelgeneem aan die RMB Latitudes-kunsskou in Johannesburg.
RMB Latitudes Art Fair is 'n geleentheid wat die kreatiewe gees vier, nuwe verhoudings smee, kunstenaars en galerye met kopers en die publiek verbind, en nuwe geleenthede skep. Deur hierdie nuwe kunsskou-ervaring kon The Project Room die werke van die Namibiese kunstenaars Barbara Böhlke en Rudolf Seibeb op ’n kontinentale platform ten toon stel.
“Ons galeryspan en die twee betrokke kunstenaars is oorweldig met dankbaarheid aan almal wat ons in die ervaring ondersteun het. Verder wil ons ook 'n spesiale dankbetuiging aan RMB Namibia."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie