#PasIn: Ramoreboli tot die redding
#CosafaSA
Suid-Afrika wil graag sy sukses van 2021 herhaal onder afrigter Morena Ramoreboli by die streeksvoetbalhoogtepunt wat van 5 tot 16 Julie in Durban, KwaZulu-Natal, aangebied sal word.
Suid-Afrika wil graag sy sukses van 2021 onder afrigtingskap van Morena Ramoreboli by die 2023 Coasafa-beker herhaal wat van 5-16 Julie in Durban, KwaZulu-Natal aangebied word.
Onder Ramoreboli se leiding het die Suid-Afrikaanse span die trofee onder uiters moeilike omstandighede in 2021 opgeraap. Toe afrigter Helman Mkhalele met Covid-19 siek geword het en sy nommer twee, Vela Khumalo, sy been gebreek het, is Ramoreboli vyf dae voor die kampioenskap in Gqeberha afgeskop het in die posisie ingeboender.
Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA) het weereens hul hoop op Ramoreboli geplaas om Bafana Bafana se oorwinning in die 2021-eindstryd teen Senegal te herhaal. Hulle het Senegal toe met 5-4 met strafdoele geklop om die titel te beklink.
Suid-Afrika pak Namibië op 5 Julie, Botswana op 8 Julie en Eswatini op 11 Julie. Slegs die topspan in die drie groepe en beste tweede geplaaste span dring deur na die halfeindronde op 16 Julie.
In 2022 het Zambië hul sesde Cosafa-bekertitel teen Namibië gewen (1-0) met Senegal derde en Mosambiek vierde. Suid-Afrika het in die kwarteindstryd 5-4 teen Mosambiek met strafskoppe verloor, terwyl Namibië Mosambiek in die halfeindstryd met 1-0 stilgemaak het.
Groep A: Botswana, Eswatini, Namibië, Suid-Afrika. Groep B: Comore, Malawi, Seychelle, Zambië. Groep C: Angola, Lesotho, Mauritius, Mosambiek. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie