POLISIE ARRESTEER SOLDATE
#SoldiersArrestsNam
Drie lede van die Namibiese Verdedigingsmag (NDF) is op Sondagnamiddag by die Oshivelo pospunt gearresteer nadat hulle na bewering in besit was van 279 onwettige pakkies whisky en 1 000 bokse sigarette ter waarde van 'n totaal van N$47 900.
Oshikoto polisie streeksbevelvoerder Kommissaris Teopolina Kalompo-Nashikaku het bevestig dat die drie soldate, onderskeidelik 45, 36 en 54 jaar oud, op Maandag in die Tsumeb Landdros se Hof verskyn het. Die eerste twee verdagtes is onderskeidelik borgtog van N$20 000 en N$15 000 toegestaan. Die derde verdagte is vrygelaat en met 'n boete van N$4 000 bestraf.
UPDATE: TUYEIMO HAIDULA
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie