Polisie bevestig vier inhegtenisgeneem by protesmars
#ProtestArrests #PasIn
Die Namibiese polisie het vandag die arrestasie van vier LGBTQ-lede bevestig tydens 'n protesmars deur die Koalisie van Kerke en Organisasies teen selfdegeslag-huwelike.
Die inhegtenisnemings het plaasgevind nadat die groep na bewering "die byeenkoms onderbreek en 'n skermutseling plaasgevind het".
Die vier is na die polisiekantoor geneem, waar hulle "gewaarsku is om nie in te meng en die proses te ontwrig nie", het die polisie gesê.
"Uiteindelik is hulle vrygelaat. Hulle is nie aangekla of aangehou nie," het die polisie verduidelik. Polisiewoordvoerder Kauna Shikwambi het verduidelik: "Die voorval van vandag in Windhoek waar die vier mense gearresteer is, was dus om die begaan van 'n oortreding te voorkom en veral om hulle te beskerm weens die skermutseling en teen die betogers wat hul teenwoordigheid nie verwelkom het en hul platform onderbreek het."
Shikwambi het gesê die vier mense het die oorhandiging van 'n petisie aan parlementêre sekretaris, Lydia Kandetu, onderbreek.
- ELIZABETH JOSEPH

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie