BIG
BIG

Politicians snub BIG talk

Jemima Beukes
POLITICI AFWESIG BY BIG-PRAATJIE

Die BIG-koalisie het ook verlede week ’n praatjie oor ongelykheid en armoede aangebied en politieke partye genooi om die geleentheid by te woon, ’n aantal partye was egter nie teenwoordig nie.

Die enigste partye wat opgedaag het, was die Affirmative Repositioning (AR), die National Unity Democratic Organisation (NUDO), die Republican Party (RP) en die United Democratic Front (UDF).

Die regerende party Swapo, die amptelike politieke opposisie Popular Democratic Movement (PDM), die Landless People\'s Movement (LPM) en die Independent Patriots for Change (IPC) was afwesig.

Swapo se woordvoerder, Hilma Nicanor, het gesê sy is nie bewus van die uitnodiging nie en die sekretaris-generaal van die PDM, Manuel Ngaringombe, het gesê hulle is besig met die party se nasionale kongres in die Zambezistreek. Ngaringombe het wel bygevoeg dat hulle wel ’n BIG ondersteun, maar glo dit moet nie ’n permanente ingryping wees nie.

\"Dit is nodig in die land. Ons glo dit behoort nie ’n permanente ding te wees wat mense afhanklik maak nie, maar moet goed uitgewerk word,” het hy bygevoeg.

Die woordvoerder van die LPM, Lifalaza Simataa, het gesê die party se president, Bernadus Swartbooi, kon nie die geleentheid bywoon nie weens ’n noodgeval.

Die IPC-woorvoerder, Imms Nashinge, het gesê dié party het nie \'n uitnodiging ontvang nie, maar Rinaani Musutua van die BIG-koalisie het bevestig ??dat \'n uitnodiging gestuur is en bygevoeg dat die sekretaris-generaal van die IPC, Christine Aochamus, gesê het sy kan dit nie bywoon nie omdat sy siek is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!