Japie Claassens Foto Netwerk24
Japie Claassens Foto Netwerk24

SA moordbeskuldigde kom na Namibië

Landdros verslap sy borgtogvoorwaardes
Japie Claassens het sy paspoort tydelik terugkry om Namibië vanaf 14 tot 24 Junie te besoek.
Kristien Kruger
’n Dubbele moordbeskuldigde van Suid-Afrika se borgtogvoorwaardes is onlangs aangepas om hom toe te laat om vandeesmaand na ’n plaas naby Otjiwarongo te reis.

Japie Claassens is ’n boer van Vioolsdrif en word daarvan beskuldig dat hy in Oktober verlede jaar ’n prokureur van Knysna, Coenie de Beer, en ’n proteaboer van Baardskeerdersbos in die Overberg, James Kriel, op sy kleinhoewe geskiet het. Hy staan tans tereg op twee klagte van moord.

De Beer het glo saam met sy seun, Coenraad, Kriel en Grant Thompson, wat ’n vriend van Claassens is, die nag by Claassens se huis in Vioolsdrif oornag voordat hulle na ’n vakansiebestemming sou vertrek. De Beer en Kriel was slegs kennisse van Claassens.

Die voorval het glo in die vroeë oggendure plaasgevind en volgens Suid-Afrikaanse mediaberigte het een van die slagoffers geslaap toe hy geskiet is. Die twee slagoffers is op 1 November in die hospitaal dood.

Hy het homself glo daarna aan die polisie oorgegee. Hy is later op borgtog van N$5 000 vrygelaat onder streng borgtogvoorwaardes wat ingesluit het dat hy sy paspoort aan die owerhede moet oorhandig en elke Saterdag by die naaste polisiekantoor moet aanmeld.

KOM NA NAMIBIË

Die landdroshof in Springbok het onlangs Claassens se borgtogvoorwaardes aangepas om hom toe te laat om na Namibië te reis om sy siek tannie op ’n plaas naby Otjiwarongo te besoek.

Die betrokke landdros het Claassens se aansoek vir die besoek toegestaan, ten spyte van die feit dat die Suid-Afrikaanse vervolgingsgesag daarteen gekant was.

Claassens het sy paspoort tydelik terugkry om Namibië vanaf 14 tot 24 Junie te besoek en hy sal op 15 Junie by die polisiekantoor op Otjiwarongo moet aanmeld en daarna weer elke derde dag.

Hy moet op 25 Junie by die Vioolsdrif-polisiekantoor in Suid-Afrika aanmeld en op 26 Junie weer voor die hof in Springbok verskyn.

Suid-Afrika het uitleweringsooreenkomste met al die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se lidlande, insluitend Namibië en indien Claassens enige van sy borgtogvoorwaardes oortree, sal hy in hegtenis geneem kan word.

“Suid-Afrika en Namibië het ’n uitleweringsooreenkoms. Dus, indien ’n versoek na Interpol in Windhoek gestuur word wat die beskuldigde se inhegtenisneming en uitlewering versoek, dan sal die Namibiese polisie optree,” het die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, Vrydag op navrae gereageer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A #N/A #N/A