Sakevrou ’n bron van inspirasie

Kristien Kruger
“Ons as ’n gemeenskap is ongelooflik trots op Vicky Ludick – ’n ware Namibiese vrou wat gewys het wat moontlik is met harde werk, visie en ’n onwrikbare geloof in die mense om haar.”

So het een van Ludick se kliënte gesê oor dié sakevrou wat ’n inspirasie is vir vroue wat daarna streef om ’n positiewe en blywende impak op die sakewêreld te maak.

Ludick is die bedryfshoof van Elevate Namibia – ’n maatskappy wat sy in 2017 vanuit haar sitkamer begin het.

Sedertdien het Elevate Namibia egter vinnig gegroei tot die punt waar Ludick en haar personeel vandeesmaand hul nuwe kantoorgebou in Prosperita kon inwy.

“Vicky se suksesverhaal is een wat aanklank vind by aspirant-entrepreneurs, veral vroue. Sy is ’n voorbeeld van die krag van volharding, visie en spanwerk.

“Haar vermoë om binne ’n kwessie van jare van ’n tuiskantoor tot grootskaalse bedrywighede te groei, is ’n bewys van haar strategiese denke en vermoë om by die voortdurend veranderende sakelandskap aan te pas,” sê een van haar kliënte.

Elevate het onder Ludick se leiding die afgelope jare nie net in menslike hulpbronbestuur uitgeblink nie, maar het ook ’n belangrike rolspeler geword in die verskaffing van noodsaaklike opleiding in arbeidswette.

Dit is juis haar kundigheid in menslike hulpbronbestuur én wetgewing wat haar laat uitstaan.

Ludick het in Namibië grootgeword en later aan die South African Law School gestudeer. Sy verskaf dus regsadvies en menslike hulpbronstrategieë, wat ’n wetlik standvastige werksomgewing skep en ’n florerende arbeidsmag kweek.

Met ’n agtergrond in die regte kon sy die grondslag van haar besigheid bou deur strategiese denke en deeglike beplanning. Tog is Vicky vinnig om uit te wys dat haar sukses nie haar eie is nie.

“Daar is geen manier wat ek dit sou kon doen sonder my kragtige span en my ongelooflike man nie,” sê sy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!