Sierra Leone, Namibië wil bande versterk
Ter voorbereiding van pres. Bio se besoek
Namibië en Sierra Leone wil saamwerk om ekonomiese ontwikkel te bevorder en vrede na Afrika te bring.
Sierra Leone se minister van buitelandse sake en internasionale samewerking, prof. David Francis, is tot vandag in Namibië, op sy eerste besoek aan Windhoek.
Hy het Dinsdag sy eweknie, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking en ook die adjunk- eerste minister van Namibië, Netumbo Nandi-Ndaitwah, ontmoet.
Francis se besoek is ter voorbereiding van ’n amptelike besoek van die president van Sierra Leone, Julius Maada Bio, wat vir later vanjaar beplan word. President Hage Geingob het verlede jaar op uitnodiging van Bio dié land besoek.
Nandi-Ndaitwah het Francis hartlik verwelkom met herinneringe van Namibië se stryd vir onafhanklikwording toe dié land in Wes-Afrika baie behulpsaam was.
Topamptenare van Namibië se leierskap het destyds met Sierra Leoniese diplomatieke paspoorte rondgereis, insluitend onder andere president Hage Geingob en Nandi-Ndaitwah.
Die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het ook in Sierra Leone skoolgegaan.
Nandi-Ndaitwah sê Sierra Leone is al lankal vriende met Namibië en sy wil graag die vriendskap uitbrei en versterk.
Saam moet die twee lande leiding gee in terme van solidariteit op die vasteland en pan-Afrikanisme, sê sy.
Sy sê Afrika sal slegs geïndustrialiseerd kan word teen 2063, as Afrikalande kan saamwerk, en spesifiek die geleenthede van die Afrika-vryhandelgebied (AfCFTA) kan toepas.
Sy sê daardeur kan Afrika se ekonomie omskep word om eerder na Afrika te kyk as na die buiteland.
“Ons moet belê in infrastruktuur om Afrika te verbind,” sê sy.
Nandi-Ndaitwah het ook gesê ooreenkomste en regsinstrumente moet ontwikkel word om handel tussen Afrikalande op te skerp.
Samewerking tussen Sierra Leone en Namibië word veral in terme van landbou, toerisme, onderwys, energie, water en visserye beoog. Die minister van visserye en mariene hulpbronne, Derek Klazen, was ook teenwoordig om Namibië se hulp daarmee beskikbaar te stel.
Verder werk die twee lande saam om vrede op die vasteland te bevorder en om oormatige geweld in Afrika teen 2063 te beëindig.
Namibië en Sierra Leone is ook aan die voorpunt in terme van die hervorming van die Verenigde Nasies (VN).
In dié verband sê Francis dat hulle die gesamentlike posisie van Afrika bevorder, waarmee Afrika aandring om vyf sitplekke op die VN se sekuriteitsraad te beklee.
Afrika wil twee setels tussen die permanente lede van die sekuriteitsraad beklee, nog twee tydelike setels, en een setel wat tussen Afrikalande op rotasie gedeel sal word.
Volgens Francis was Afrika die fokus van 70% van die kwessies onder bespreking by die sekuriteitsraad – voor die oorlog in die Oekraïne uitgebreek het.
“Hervorming kan binne ons tyd bereik word,” dring hy aan.
Hy sê die vasteland se leierskap moet ’n nuwe wêreldorde bevorder deur pan-Afrikanisme uit te leef en saam te staan vir ’n stabiele, vreedsame, voortstrewende Afrika.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie