Swakop skud vere reg vir jaers
Tydrenne
Minstens een vrouespan sal hul slag teen die manne kom wys.
Walvisbaai-motorklub sal op Saterdag 9 September sy gewilde Shell V-Power Swakop-tydren aanbied met tien spesiale sneldele wat vir hope aksie gaan sorg.
Die derde ronde van die nasionale tydrenkampioenskap, oor altesame 103 kilometer aan die oostelike buitewyke van Swakopmund, word moontlik gemaak met die ondersteuning van J&P Hydraulics, Safewear Namibia, sealconsultingengineers en Sky-Way Fuels.
Wido Bartsch van Walvisbaai-motorklub sê dis nie die laaste tydren van die jaar vir hul klub by Swakopmund nie. Die M Z Motors-tydren wat die vyfde ronde van die tydrenkampioenskap is, word oor twee dae vir Vrydag 17 en Saterdag 18 November beplan.
Die November-byeenkoms sal die Vrydagnamiddag afskop en die aand met die uiters gewilde nagskof in die dorp afsluit. Die volgende dag sal tussen agt en tien sneldele gejaag word.
Bartsch het aan Republikein gesê: “Die derde ronde van die nasionale tydrenkampioenskap moes vroeër vanjaar plaasgevind het. Maar onvoorsiene omstadighede het ’n stokkie voor ons planne gesteek.
“Ons het ’n paar nuwe gesigte wat komende Saterdag hul buiging sal maak. Die Sky-Way Fuels 2x4-Ford Courier sal deur ’n span vroulike groentjies hanteer word. Madelein Koegelenberg sal die Courier se stuurwiel hanteer, terwyl Tivian von Weidts in die warm sitplek as navigeerder die roetenotas lees.
“Ons bedank graag Vivo Energy vir die borgskap met hul Shell V-Power-handelsmerk, asook J&P Hydraulics, Safewear Namibia, sealconsultingengineers en Sky-Way Fuels wat die kompetisie moontlik maak.”
IN DIE NOORDE
Tsumeb-motorklub bied komende Saterdag die vierde ronde van die nasionale ovaalbaankampioenskap by sy Red Line Race World by dié dorp aan.
Die viersilinder-, hotrod- en V8-klasse is gereed om die stof op te skop met ’n ontwikkelingsklas vir vroue wat vir ekstra vermaak gaan sorg. Hekke open om negeuur die oggend en die eerste klasse se ryers spring teen 12:00 weg. Verversings is te koop by die baan.
Toegangsgeld is N$50 vir volwassenes en kinders tot 12 jaar betaal N$20.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie