Swakopmundse helikopterongeluk: verslag is bekend

Nie sertifikaat van lugwaardigheid gehad
DAAII sê in sy verslag dat een van die lemme van die helikopter die stertkegel getref en dit uiteindelik tot die ongeluk gelei het.
Iréne-Mari van der Walt
Die direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke (DAAII) in die ministerie van werke en vervoer het in die volledige verslag oor die noodlottige helikopterongeluk naby Swakopmund in Julie verlede jaar bevind die betrokke helikopter het nie ’n sertikaat van lugwaardigheid gehad nie. Volgens die verslag het die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) versuim om sy eie prosesse te volg toe daar nie inligting oor die helikopter se lugwaardigheid van Suid-Afrika, waar die helikopter geregistreer is, aangevra is nie.

Daar is wel gevalle van vliegtuie wat sonder lugwaardigheid toegelaat word om ingevoer te word na Namibië. Die diskresie vir hierdie besluite berus by die NCAA.

DAAII sê in sy verslag dat een van die lemme van die helikopter die stertkegel (tailcone) getref het en dit uiteindelik tot die ongeluk gelei het. Een van die koppelaars wat die lemme ondersteun, het glo ingegee.

Die verslag het ook verskeie ander kwessies uitgelig, soos onder meer die feit dat ’n Namibiese registrasienommer op die helikopter geplak is ten spyte van die feit dat die helikopter nie ’n geldige Namibiese registrasie gehad het nie. Die hoofondersoeker, Ben Engelbrecht, verduidelik dat ’n registrasienommer slegs opgeplak mag word wanneer die registrasieproses voltooi is en sê dat registrasies vir lugtuie in ander lande tot niet verklaar moet word voor daardie tuig in ’n ander land geregistreer kan word.

In die lig van die helikopter se status as ’n Suid-Afrikaanse lugtuig, sou die vlieënier, Jacques Jacobs, nie gemagtig wees om die helikopter te vlieg nie, weens die feit dat sy magte slegs so ver strek om Namibiese vliegtuie te vlieg. Jacobs en ’n ingenieur, Dirk von Weitz, was aan boord toe die helikopter verongeluk het en het albei hul lewens verloor. Die helikopter het wel die enjin van ’n Namibiese helikopter in gehad wat in 2021 verongeluk het. Dié enjin is ná toetse as diensbaar bevind en kon dus weer in ’n ander tuig gebruik word. Die lugwaardigheid vir die helikopter in Suid-Afrika het op 31 Desember 2018 verval.

Jacobs het 10 958,7 totale vlugure aan boord verskeie soorte lugtuie gehad. Van hierdie was 181,9 ure aan die stuur van ’n helikopter en 84,7 aan boord van die spesifieke tipe helikopter waarmee hulle verongeluk het.

VORIGE TOETSVLUG

DAAII het ook videomateriaal van ’n vorige toetsvlug as deel van hulle ondersoek oorweeg. Die toetsvlug waartydens die helikopter verongeluk het, was die derde en laaste toetsvlug wat die helikopter moes uitvoer as deel van sy 12 jaar-inspeksie. Tydens sy voorlaaste toetsvlug is ’n video geneem waarin DAAII verduidelik die helikopter het baie geskud. ’n Vlieënier aan boord die helikopter het tydens hierdie toetsvlug die rit as "springerig" beskryf. Ná die toetsvlug het die ingenieur gesê dat hy ’n oplossing op dié probleem in werking sal stel.

Daar is ook tydens die ondersoek bevind dat die Robinson R44 Raven II helikopter in sy handleiding sê dié helikopter se C258-1 koppelaarsisteem moet tydens die 12-jaar inspeksie met die nuwe C-258-5 koppelaarsisteem vervang word. Dit is volgens DAAII nie gedoen nie en daar kon geen rekords bewys dat Von Weidts die nodige lisensie gehad het om onderhoud op die helikopter uit te voer nie. Ook nie dat hy die vervaardiger van die helikopter se opleidingskursusse bygewoon het nie.

Die Robinson Helicopter Company het in 2017 ’n kennisgewing uitgereik dat die C258-1-sisteem uitgefasseer word en met die C258-5-sisteem vervang word. Dié maatskappy het ook in Januarie 2015 ’n veiligheidskennisgewing uitgereik wat bemanning maan om veiligheid voor oë te hou tydens toetsvlugte.

‘VERVALSTE’ DOKUMENTE

In sy veiligheidsaanbevelings sê DAAII dat die helikopter vervalste sertifikate en permitte gehad het. Antje Gesa Nauhaus het etlike dae ná die ongeluk in die landdroshof op Swakopmund verskyn op klagte van bedrog en vervalsing. Sy het na bewering onregmatig en opsetlik vervalste en gewysigde sertifikate van die registrasie- en vlugtoetspermit van die helikopter wanvoorgestel. Engelbrecht bevestig dat DAAII registrasiedokumente gekry het wat hulle glo is vervals.

Nadat sy oorspronklik borgtog geweier is, het landdros Conchita Olivier vir haar borgtog van N$15 000 toegestaan. Sy is ook opdrag gegee om elke Maandag en Vrydag by die Swakopmundse polisiestasie aan te meld en mag nie sonder die toestemming van die ondersoekende beampte die Swakopmund-distrik verlaat nie. Sy moes ook haar paspoort oorhandig aan ondersoekende beamptes.

DAAII het voorstelle gemaak om te voorkom dat die nodige dokumentasie vervals kan word en het ook aanbeveel dat lughawens en vliegvelde meer gereeld inspeksies moet ondergaan. Ook dat inspeksies sonder kennisgewing gedoen moet word. DAAII stel ook veiligheidsmaatreëls voor wat glo baie sukses in ander lande gehad het.

Die NCAA het teen druktyd nie kommentaar gelewer op DAAII se bevindinge in die verslag nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle English Championship: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle #N/A Currency: GBP to NAD 22.91 | EUR to NAD 19.16 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.3 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.49 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1869.13 Down -1.42% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14154.97 Up +0.93% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 647.57/OZ DOWN -0.0031 | Copper US$ 4.55/lb UP +0.62% | Zinc US$ 3 187.80/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 79.80/BBP UP +1.68% | Platinum US$ 989.02/OZ DOWN -0.0034 #N/A